Blitsbokke in kwarteind ná baie duikwerk en flink drieë

Die Blitsbokke het Saterdag in sy groepronde van die wêreld-sewestoernooi in Singapoer in al drie hul wedstryde veel minder besit as hulle teenstanders gehad en moes dus heelwat meer duikslae uitvoer .

Die kombinasie van jong en meer ervare spelers het egter ongeskonde deur hulle ronde gegaan en boaan groep C geëindig.

Dit beteken hulle sal Sondag (06:52) teen die tweede beste span in groep B, Kenia, in die kwarteindronde speel. Engeland het dié groep gewen.

♦ In hulle eerste wedstryd, teen Samoa, het die Blitsbokke voor rustyd net ʼn enkele bal gewen en net een keer uitgegee – van ʼn skrum af. Werner Kok het daarmee 60 meter genael en ná ʼn binne-aftrap en heelwat vaart onder die pale gaan druk.

Samoa het die eerste helfte met hulle baie besit oorheers en dit het keer gekos om hulle van die doellyn weg te hou. Suid-Afrika kon darem met ʼn voorsprong van 7-0 kante wissel.

In die tweede helfte het dit besit effe beter met die Blitsbokke gegaan wat betref, maar hulle moes nog sterk op verdediging fokus. Drie goeie drieë is egter deur die Blitsbokke gedruk, en Cecil Afrika het drie keer verdoel om die eindtelling 26-5 te maak.

♦ Toe was dit Kanada se beurt om besit te wen en te behou, hoewel in ʼn mindere mate as Samoa.

Soos die Suidsee-eilanders was hulle egter ook nie opgewasse teen die vaart en hardlooplyne van die Blitsbokke nie en is hulle eindelik redelik maklik met 26-12 geklop.

♦  Argentinië het hier en daar van hulle beste rugby uitgestal, maar selfs met al hulle besit – teen rustyd het hulle 37 balle teen die Bokke se 15 gewen – kon die Argentyne nie verhoed dat Kyle bron-hulle soos in die voorafgaande twee wedstryde vier drieë te druk nie. Die eindtelling was 26-12.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.