Blitsbokke: Jonges se kans in Vancouver

Natuurlik is dit nie ideaal  nie, maar die sesde toernooi in die Wêreldreeks se sewestoernooi wat vanaf Saterdag (SA tyd) in Vancouver gespeel word, is nou ʼn ideale ontwikkelingskans vir die jong Blitsbokke.

Só sê die span se afrigter, Neil Powell, wat erken hy sou manne soos die beseerde Werner Kok en Rosko Specman gekies het as hulle beskikbaar was.

Maar hulle is nie, en nou sal die jonges, waarvan sewe saam in minder toernooie as Kyle Brown se 63 gespeel het, die ding moet doen.

Maklik sal dit nie wees nie. Die Blitse is in dieselfde groep as die tweede span op die reekspunteleer, Nieu-Seeland, naamlik die moeilike Skotland en Rusland.

Die Skotte is die afgelope jaar of drie ʼn effens kopseer vir die Blitsbokke wat twee van die groepwedstryde moet wen om seker te wees van ʼn plek in die kwarteind.

Benewens die jong spelers wat nog hul voete vind, is Powell ook bekommerd oor die samespel wat kan haper.

Blitsbokke se groepwedstryde –

Saterdag
19:52 – vs Rusland
23:24 – vs Skotland
Sondag
02:56 – vs Nieu Seeland

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.