Blitsbokke klop Kanada om derde plek; All Blacks wen titel

Die Blitsbokke moes Sondag uithaal nadat hulle goed begin het om Kanada in die uitspeelplek om die derde plek en die brons medalje met 19-17 te klop in hulle ‘trooswedstryd’ van Wêreldrugby se sewesreeks in die Kaapstad-stadion.

In die eindstryd het Nieu-Seeland, wat die Blitse in die halfeind geklop het, in die eindstryd baljaar en Argentinië met 38-14 in ʼn uiters eensydige wedstryd geklop.

♦  Die Blitsbokke was gou op die telbord na ʼn pragtige skuinsskop van Justin Geduld wat deur Shakes Soyizwapi uit die lug gepluk is, en was rustyd met 14-5 voor. Binne ʼn minuut na die hervatting was dit 19-5 – en toe ʼn droogte van feitlik sewe minute sonder enige punte.

Kanada, wat die meeste besit gehad en die meeste rugby gespeel het, het in dié tyd teruggeveg en nog twee keer gaan druk maar net-net nie genoeg gedoen om te wen nie.

In die geheel, ondanks ʼn paar juweeltjies op die aanval en met Seabelo Senatla se drieë-kerf wat die 200-merk oorskry het, was dit nie ʼn indrukwekkende toernooi vir Suid-Afrika nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Die Blitsbokke het die keer nie as ‘n span gespeel nie,maar eerder as individue.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.