Blitsbokke klop Samoa in kwarteind, op die randjie van reeksoorwinning

Die Blitsbokke het Sondagoggend in ʼn fisieke kwarteind teen Samoa met 12-0 gewen en daarmee na die halfeind van Wêreldrugby se sewesreeks in Parys deurgedring.

Dit plaas hulle in ʼn posisie waar hulle reeds in hierdie toernooi moontlik al as die kampioenspan van die 2016’/17-reeks gekroon kan word.

♦  Suid-Afrika was in die kwarteind, waar Samoa uithaler-spel op die verdediging gelewer het, feitlik deurgaans in beheer maar het weer ʼn onnodige fout of twee gemaak wat hulle punte gekos het.

Die rustydtelling was 12-0 – en soos soveel kere in die verlede was Chris Dry se harde werk en goeie dekverdediging ʼn uitstaande kenmerk van die sege.

♦  Fidji, wat die toernooi in die tweede plek op die reekspuntelys binnegegaan het, is deur Skotland geklop en kan nou hoogstens vyfde in Parys eindig. Hulle kanse om die reeks te wen is nou daarmee heen.

Engeland, wat twee punte meer as Fidji en dus 27 punte agter Suid-Afrika is, het nog ʼn buitekans wat in die halfeind (en moontlik eers na die eindstryd) duideliker sal wees.

♦  Engeland speel teen die onoorwonne Skotland in die ander halfeind.

Halfeindbepalings Sondagmiddag –

14:18  Skotland vs Engeland
14:40: SA vs Nieu-Seeland

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.