Blitsbokke: Korrekte afskoptye vir kwarteindwedstryde

springbok-sevens-greenDie tye wat deur Saru en Wêreldrugby – en gevolglik ook Maroela Media – vir Sondagaand se kwarteindwedstryde van die Vancouver-sewestoernooi aangegee is, is weens die daglig-besparing wat van Sondag af in Kanada geld verkeerdelik as ʼn uur later as die werklike afskoptye aangegee.

Die tydsverskil tussen Suid-Afrika en Kanada is vanaf Sondag nege uur, en die  korrekte afskoptye (SA tyd) is dus volgens @BlitzBokke op Twitter soos volg:

Kwarteindwedstryde –

20:08 – Suid-Afrika vs Kanada
20:30 – VSA vs Argentinië
20:52 – Nieu-Seeland vs Engeland
21:14 – Fidji teen Australië

Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaybee ·

Dankie Maroela vir die inligting. Het nou net na die wedstryd teen Kanada gekyk, geluk aan die Blits bokke. Kan julle ook die tye van die half eindstryde en die finaal vir ons verskaf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.