Blitsbokke maak droog teen Iere

Die Blitsbokke het hul openingswedstryd in Frankryk teen Ierland verloor. Foto: Twitter.

Dit is gewoonlik die klein jakkalsies wat die wingerd verwoes. Of in die Blitsbokke se geval sorg verdagte verdediging, ’n verbroude aangee of twee en swak dissipline dat hulle die spoor begin byster raak.

Die Suid-Afrikaners – so te sê onstuitbaar in die eerste paar toernooie van die HSBC-sewesreeks – het sopas hul rieme teen Ierland in Toulouse styfgeloop.

Die Iere het die hul openingswedstryd van die Frankryk-sewestoernooi in Toulouse met 21 – 12 gewen; dit was boonop hul eerste oorwinning teen die Blitsbokspan.

Terry Kennedy was veral ’n doring in Suid-Afrika se vlees en sy innoverende spel is met twee drieë beloon.

Ja, Shakes Soyizwapi en Mfundo Ndhlovu het ook rondom die Ierse verdedigers gedans, maar ’n mens kon al vroeg in die tweede helfte sien dat die Blitsbokke nie dié een gaan wen nie.

Neil Powell (afrigter) het in ’n vorige onderhoud gesê dat hy nie met sy span se onlangse vertoning tevrede is nie. Maar ná die jongste wedstryd is dit duidelik dat harde werk én harde woorde die span se voorland is.

Suid-Afrika speel later vandag (18:28) teen Spanje in hul volgende groepwedstryd. Die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

  • Puntemakers:

Ierland: Drieë: Terry Kennedy (2) en Jack Kelly.

Blitsbokke: Drieë: Mfundo Ndhlovu en Shakes Soyizwapi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.