Blitsbokke deur na die Las Vegas-halfeind

Die Springbokke het Sondagoggend vroeg Suid-Afrikaanse tyd hulle kwarteind teen Australië oortuigend gewen en na die halfeindronde Sondagaand (23:34) teen Argentinië deurgedring.

Die Blitsbokke het ná hulle Saterdagaand kanse verspeel maar ook plek-plek skitterspel gelewer het, Engeland vir die derde agtereenvolgende toernooi in die groepwedstryde geklop (24-19) en daarmee as groepwenner na die kwarteindronde deurgedring.

Daar het die span met sy aantal jong spelers tussen die ervare manne moontlik sy beste vertoning tot dusver in die toernooi gelewer deur Australië met 29-19 (vyf drieë teen drie) te klop en na die halfeind deur te dring.

♦  Suid-Afrika was binne die eerste minuut met 0-7 teen Australië agter, maar het sake feitlik onmiddellik reggestel toe Philip Snyman gaan druk en Branco du Preez verdoel het.

Rustyd was die stryd egter nog ver van gewonne met die telling op 12-elk nadat Cecil Afrika die onverdoelde inhaal-drie gaan druk het.

Daarna het die Blitsbokke vlamgevat en het Ryan Oosthuizen, Ruan Nel en Selvin Davids nog drieë vir die Blitsbokke gedruk waarvan een deur Afrika verdoel is om met 29-10 voor te loop voordat Australië ʼn baie laat verdoelde drie gekry het.

♦  In die ander kwarteindwedstryde het Argentinië met 17-12 teen Kenia gewen, die Amerikaanse Arende het Engeland met 17-12 uitgeskakel en Nieu-Seeland het met 10-14  teen Fidji verloor.

♦  Die eerste halfeindstryd Sondagaand is dié tussen Fidji en die VSA (23:12) en die eindstryd word Maandagoggend 02:30 (SA tyd) gespeel ná die twee verloorders in die halfeind om 02:00 teen mekaar om die brons medalje uitspeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.