Blitsbokke moet nou vir derde plek uitspeel

Suid-Afrika kon, soos verlede jaar, Sondag weer nie op eie bodem met die louere wegstap nie nadat hulle in die halfeind van Wêreldrugby se sewesreeks in die Kaapstad-stadion deur Nieu-Seeland uitgeskakel is.

Die Blitsbokke kon maar net nie hulle ritme vind nie. Hulle was ondermeer te voorspelbaar en is goed deur die Nieu-Seelanders hokgeslaan – iets wat die ander spanne ook toenemend begin regkry as die laaste twee toernooie ʼn aanduiding is.

Dan was die Blitsbokke se verdediging ook nie strykdeur wat dit moes wees nie.

Die opsies was ook nie altyd goed nie, en ondermeer het ʼn skoppie of twee in plaas van uitgeë vir omkeerbesit op die aanval gesorg.

Nieu-Seeland sal in die eindstryd teen Argentinië te staan kom wat met 14-12 teen Kanada in  die ander halfeind gewen het.

Die Blitsbokke speel nou (19:16) teen Kanada om die derde plek, met die eindstryd wat 19:44 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.