Die Blitsbokke het Saterdagmiddag hul negende titel in Dubai in Wêreldrugby se sewesreeks gewen, maar dit was na alle waarskynlikheid ook die moeilikste.
Die Blitsbokke het Australië met 10-7 geklop om hul 38ste titel in die reeks te verower.
Die Blitsbokke kan groot dankie aan JC Pretorius sê, wat die wendrie gedruk het. Hy het ook in die doodsnikke van die halfeindronde teen Frankryk die wendrie gedruk en is welverdiend as speler van die wedstryd in die eindstryd aangewys.
Die Blitsbokke was gedaan en nadat die eindfluitjie geblaas het, het ʼn hele paar spelers bly lê om asem te skep.
Dit was naby – baie naby – want die Wallabies was slegs ʼn paar meter van die Blitsbokke se doellyn toe ʼn laaste aangee vir ʼn moontlike wendrie verlore gegaan het.
Die Blitsbokke (44 punte) is ná twee toernooie gemaklik voor op die puntelys, gevolg deur Argentinië (34) en Australië (32).
Punte: Suid-Afrika 10 (5): Drieë: Siviwe Soyizwapi, JC Pretorius.
Australië 7 (7): Drie: Corey Toole. Doelskop: Dietrich Roache.
* Argentinië het Frankryk in die uitspeelstryd om die derde plek met 38-21 geklop.
* Die Australiese vrouespan het vir die mans vergoed deur Fidji in die eindstryd met 15-5 te klop.
Netsoos die Blitsbokke, was hulle ook verlede week in die eerste toernooi in Dubai baas.
Olé olé olé olé….. olé !!!!!
Pretorius het nie sy gelyke op die oomblik in 7 ‘s wereldrugby nie. Ongelooflike speler. Fantasties dat Bokke nr 1 in die 15 man en 7’s weergawes van rugby is.
Net so MakerMark. Spelers soos hy ,Muller du Plessis, Selvyn Davids en Ronaldo Brown maak mens opgewonde as hulle die bal kry.
Al my wense aan die Blitzbokke. Hulle het as ‘n span gespeel om bo uit te kom
Sewes rugby mors van geld.