Blitsbokke se Franse skande voltooi

Die Blitsbokke. (Foto: Twitter)

Die Blitsbokke kon die naweek nie harder terug aarde toe gekom het nie. Dit was die een teleurstelling ná die ander in Toulouse.

Nadat hulle in die groepwedstryde teen Ierland en Samoa verloor het, het hulle boonop in die halfeindstryd vir die negende plek met 21-24 teen die Skotte slae gekry. Skotland het rustyd met 12-7 voorgeloop.

Muller du Plessis en Impi Visser het in die tweede helfte drieë gedruk, maar dit was te min, te laat vir die voorlopers op die wêreldranglys.

Boonop het die vrouespan ook met 10-24 teen Skotland verloor. Hulle moet dus met die tiende plek uit 12 spanne tevrede wees. In die span se drie nederlae in die groepwedstryde kon hulle nie eens punte aanteken nie. Hulle het darem vir Spanje met 21-19 geklop in die halfeindstryd vir die negende plek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

In die eerste 4 toernooie was die Blitsbokke onstuitbaar voor hulle gehoor het Neil Powell wil sy beurse nog dikker maak,en ek gun hom dit maar toe gebeur die ondenkbare;
1 Verdediging word werkwoord en dit is al.
2 Dissipline staan langs die kantlyn en hande klap.
3 Die erns van die eerste vier toernooie was weg.
4 Verkeerde spelers op verkeerde tye.
5 Balhantering was vrotsig en hulle grootste wapen,spoed het in die hotel agter gebly.Teveel hanteerfoute,so kan ons ‘n maand en ‘n aand praat oor die skandes.
Me beskeie mening is dit,raak nou ontslae van Powell stel Marius Schoeman aan en ons kan nog nommer 1 eindig.
Net nog iets Zané Davids hoort nie daar nie.

Albert Kruger ·

‘n Mens wonder tog hoekom het dinge so vinnig so erg agteruitgegaan? Ons kan maar net bespiegel oor die oorsake, maar die verlies van so baie eerste-keuse spelers en die gevolglike voortdurende verandering in die span moes seker daartoe bygedra het?
Terloops, Marius Schoeman is bestuurder van die Hoë Prestasie Eenheid, nie een van die hoofafrigters nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.