Blitsbokke se verdediging wurg die Engelse uit hul patroon

Dit was soos in die kwarteindstryd toe die Blitsbokke Sondag op Twickenham in die Londense toernooi van Wêreldrugby se sewesreeks tot die eindstryd deurgedring het.

Weer was die onsekerheid, op die aanval maar veral op die verdediging wat Saterdag se drie wedstryde gekenmerk het, afwesig.

Hulle het in die halfeindronde met 29-19 teen Engeland gewen, en weer was dit veral die inklimverdediging wat die Engelse patroon ontwrig het, goeie opsies met die bal in die hand en beskerming van besit wat hulle tot die laaste oomblikke nog met 29-14 sien voorloop het.

Toe was daar ʼn ongewone mistasting na ʼn teenstander en het Engeland weggebreek om ʼn langafstanddrie te gaan druk.

Suid-Afrika het soos bye om  die baldraers van Engeland gekoek, aangeë na hul ondersteunende spelers voorsien en met goeie en duikslae en ʼn hele paar plettervatte bewegings van Engeland in die kiem gesmoor.

Die Blitsbokke kom in die eindstryd teen Fidji te staan wat vir Ierland met hul droomdebuut op hierdie vlak in die ander halfeindstryd met 38-12 geklop het.

Die eindstryd is om 18:57

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.