Blitsbokke sink Spaanse sewesskip

Angelo Davids het drie drieë teen Spanje gedruk. Argieffoto: Sam Mooy/AFP.

Ná ’n medaljelose Olimpiese Spele is die Blitsbokke goed op koers om met die silwerware by die Kanadese sewesreeks in Vancouver weg te stap.

Die Suid-Afrikaners het pas verspot maklik met Spanje in die beker-kwarteindstryd afgereken. Die vlugvoetige Angelo Davids het ’n driekuns van drieë behaal om toe te sien dat die Blitsbokke die kragmeting met 54 – 5 gewen het.

Die Spanjaarde het weliswaar die eerste drie van die wedstryd gedruk, maar nie eens ’n matador sou die Blitsbokke in hul spoor kon stuit nie en hulle het uiteindelik agt drieë gedruk.

Groot-Brittanje wag nou vir Shakes Soyizwapi se span in die halfeindstryd. Die Britte het vir Kanada met 31 – 5 in een van die ander kwarteindstryde gewen.

Die Blitsbokke se vaart op die aanval sorg vir hope driedruk-aksie en hulle het reeds 174 punte in die toernooi opgestapel. Ja, daar wag nie ’n Nieu-Seeland of ’n Fidji in die ander uitspeelwedstryde nie, maar ’n toernooisege is dalk net wat die span nodig het ná die teleurstelling in Tokio.

  • Puntemakers: Angelo Davids (3), Shaun Williams (2), Ronald Brown, Dewald Williams en JC Pretorius.
  • Blitsbokke se uitslae in Vancouver:

53 – 0 teen Mexiko

34 – 7 teen Spanje

33 -14 teen Kenia

54 – 5 teen Spanje (kwarteindstryd)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.