Blitsbokke sluit nóg ’n dag onoorwonne af

Die Blitsbokke is weer groepwenners in Dubai. Foto: Twitter.

Die Blitsbokke se finale groepwedstryd teen Groot-Brittanje was weliswaar nie foutloos nie, maar hulle het steeds genoeg gedoen om nóg ’n sewesdag onoorwonne af te sluit.

Die Suid-Afrikaners het die kragmeting met 21 – 7 gewen nadat hulle vroeër met Japan en Ierland afgereken het om hul plek in die bekerkwarteindstryd te verseker.

Oudergewoonte het die Blitsbokke in die eerste minuut van die wedstryd punte aangeteken toe Zain Davids deur die Britte se verdediging gebars het.

Shilton van Wyk se flinke voetwerk het daarna vir verdere driedruk-toorkuns gesorg, maar Alex Davis het net voor rustyd vir Groot-Brittanje hoop gegee.

Die hoopfakkel is egter vroeg in die tweede helfte uitgedoof en Ronald Brown se drie was die finale spyker in die bleekbene se doodskis.

Blitsbok-puntemakers: Zain Davids, Shilton van Wyk en Ronald Brown.

  • Teen Ierland het Shilton van Wyk, Impi Visser en Ronald Brown se drieë toegesien dat die Suid-Afrikaners die wedstryd met 21 – 12 gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.