Blitsbokke smyt oorwinning weg teen VSA

Die Blitsbokke speel die naweek teen Groot-Brittanje, die VSA en Nieu-Seeland in Londen. (Foto: Twitter/Blitsbokke)

Die Blitsbokke se kanse om outomaties vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Frankryk te kwalifiseer, is na alle waarskynlikheid daarmee heen nadat hulle Saterdag op Twickenham hul tweede wedstryd in die Londense Sewestoernooi met 26-26 teen die VSA gelykop gespeel het.

Die Blitsbokke, wat hul eerste wedstryd met 15-19 teen Brittanje verloor het, moet nog Saterdagaand op die eerste dag se laaste wedstryd teen Nieu-Seeland speel.

Die Blitsbokke moet wen om dalk die uitspeelrondte te haal, maar teen die huidige kampioen en op huidige spelpeil?

Die Blitsbokke het teen die VSA soos ʼn sneltrein afgesit en was met 19-0 voor ná drie drieë deur Christie Grobbelaar, Shilton van Wyk en Dewald Human. Maar toe gee hulle die oorwinning weg ondanks ʼn vierde drie deur Mfundo Ndhlovu.

Die Amerikaners het die Blitsbokke se lustelose verdediging uitgebuit en ook vier drieë gedruk.

Puntemakers:

Suid-Afrika 26 (19): Drieë: Christie Grobbelaar, Shilton van Wyk, Dewald Human, Mfundo Ndhlovu. Doelskoppe: Ricardo Duarttee (3).

VSA 26 (14): Drieë: Kevon Williams, Lucas Lacamp (2), Pita Vi. Doelskoppe: Steve Tomasin (3)

Ander uitslae:

Australië 33, Spanje 12;

Samoa 28, Frankryk 21;

Fidji 33, Ierland 12;

Argentinië 43, Japan 12;

Brittanje 19, Suid-Afrika 15 ;

Nieu-Seeland 35, Amerika 17;

Samoa 24, Australië 14;

Frankryk 35, Spanje 21;

Ierland 40, Japan 7,

Argentinië 40, Fidji 12;

Suid-Afrika 26 , VSA 26;

Nieu-Seeland 20, Brittanje 5.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.