Blitsbokke smyt reeks-titelkans byna weg

Die Blitsbokke het klippe gekou in hulle kwarteindwedstryd teen Spanje, gelykop gespeel en daarmee hul kans so amper-amper verbrou om weer Wêreldrugby se sewesreeks te wen.

Met die telling gelykop en tyd verstreke, het ʼn Spanjaard met sy voorarm op die bal gedruk en dit was volgens die reëls ʼn drie. Die Spanjaarde se doelskop was egter mis, en op 10-elk moes die spanne ekstra tyd speel tot die eerste punte aangeteken word.

Feitlik vyf minute later en ná nóg ʼn rits basiese foute het Justin Geduld egter die wendrie gedruk en die Blitsbokke in die wedloop as reekswenner gehou.

Hierdie vertoning van Suid-Afrika was die derde keer in die reeks nie op standaard nie.

♦  Engeland het in die eerste kwarteindstryd vir Suid-Afrika ʼn guns bewys en vir hulle die deur oopgelaat om hul reekstitel te behou toe hulle die bal vir meer as 90 sekondes beskerm, voortdurend rigting verander en uiteindelik die wen drie teen Fidji gaan druk het.

Engeland het met 19-17 gewen en Fidji was toe uit die halfeindronde, wat aan hulle outomaties die wenner van die reeks sou maak. Hulle kon met die uitspeel tussen die verloorspanne in die kwarteind steeds met ʼn sesde 12 punte verdien vir ʼn totaal van 179 punte.

Maar toe was daar die druk op Suid-Afrika om eers hul kwarteind teen Spanje te wen, dan die halfeind teen Nieu-Seeland hul kwarteindwedstryd teen die VSA gewen met 33-7 het, en dan die uiteindelike eindstryd. Verloor in die eindstryd sou hulle gelyk op 179 punte met die Fidjiane plaas, wat egter met hul vyf oorwinnings in die reeks die wenner sou wees.

Die halfeind teen Nieu-Seeland is 14:25 en die eindstryd word om 18:54 gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.