Blitsbokke teen Fidji of All Blacks in kwarteind

Die Blitsbokke is reeds deur na die kwarteindronde van Wêreldrugby se sewesreeks nadat hulle Saterdagoggend met 35-10 met Kenia klaargespeel het.

Selfs ʼn neerlaag in hulle laaste wedstryd (Saterdag 11:56) teen Kanada sal niks meer doen as om die twee spanne se teenstanders in die kwarteind te bepaal nie.

Die Blitsbokke sal Sondag in die baie vroeë oggendure teen die All Blacks of Fidji te staan kom.

Die oorwinning teen Kenia was oortuigend en die Blitsbokke het skerper gelyk as in hulle eerste wedstryd teen Frankryk wat hulle eers teen die einde beklink het.

Werner Kok het ʼn drieë-driekuns behaal, en Philip Snyman en Branco du Preez het ook gaan druk. Du Preez (3) en Cecil Afrika (2) het met doelskoppe geslaag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.