Blitsbokke teen Kanada, Skotland in Parys se groepfase

Suid-Afrika, voorloper in wêreldrugby se sewesreeks, sal aanstaande maand in Parys in sy groep teen Kanada, die wenner van die afgelope toernooi in Singapoer, te staan kom.

Skotland, op ʼn goeie dag ʼn gedugte teenstander, en Japan is die ander twee spanne in groep A.

Die twee voorste spanne in hierdie groep sal in die kwarteind teen die beste twee van groep D speel, waar Fidji en Australië na die waarskynlike kwalifiseerders lyk. Rusland en Samoa is die ander twee spanne in dié groep.

♦  In groep B speel die VSA, naaswenner in Singapoer, teen Nieu-Seeland, Wallis en Argentinië. Al vier die spanne het die vermoë om na die kwarteind deur te dring.

Die voorste span in groep C is Engeland, wat derde op die reekspuntelys is. Hulle het egter ʼn keer of wat in die reeks die kluts kwyt geraak en uitgesak.

Engeland kan nou nie meer die reeks wen nie tensy daar ʼn uiters onwaarskynlike reeks permutasies is waar die Blitsbokke in albei oorblywende toernooie nie die  kwarteindstryd kan haal nie en waar Fidji ook lelik vasval nie.

Engeland sal kwaai teenstand kry van Kenia en ook van Frankryk, wat in Singapoer in ʼn tweede opeenvolgende toernooi vir die Blitsbokke laat rondskarrel het en net met 7-10 verloor het.

Die Franse se wisselvalligheid maak hulle egter ʼn onwaarskynlike kandidaat vir die kwarteind – en Spanje, ʼn “gas” in die toernooi, sal nie veel vermag nie.

Die groepe vir die Parys –

Groep A: Kanada, Suid-Afrika, Skotland, Japan
Groep B: VSA, Nieu-Seeland, Wallis, Argentinië
Groep C: Engeland, Kenia, Frankryk, Spanje
Groep D: Australië, Fidji, Samoa, Rusland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Beetge ·

Die blitse moet net sorg dat hulle eerste of tweede in hul groep in die laaste twee toernooie eindig dan wen hulle die reeks.

Jack Russl ·

As ons enige van die toernoeie wen, dan wen ons die reeks. Al wen ons die die toernooi nie kan ons steeds die reeks wen. Indien ons hoër as Fiji of Eng eindig is dit neusie verby vir hulle.

Ons het net nodig om die kwarteindrondte te behaal in elkeen van die oorblywende toernooie, dan wen ons die reeks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.