Blitsbokke verras Engeland en behou hul reekstitel

Werner Kok (Foto Twitter @Blitzboks)

Suid-Afrika, die verdedigende kampioen in Wêreldrugby se sewesreeks, het Sondagmiddag in Parys verreweg hul beste vertoning van die toernooi gelewer en vir Engeland in die eindstryd geklop.

Daarmee het hulle die reekstitel behou in die eerste toernooi in die reeks se geskiedenis waar die laaste wedstryd van ‘n toernooi die kampioenspan sou bepaal.

Die telling was 24-14.

Dit was die Blitsbokke se verdediging, dikwels verdag in die huidige toernooi en ook in ʼn mate verlede naweek in Londen, wat in Parys die deurslag gegee het. Daar was ook meestal goeie opsies op die aanval en goeie mededinging by die afbreekpunte.

Die oorwinning het vir baie as ‘n verrassing gekom ná die gesukkel teen Skotland, Rusland en Spanje.

ʼn Blote plek in die eindstryd sou nooit vir die Blitsbokke genoeg wees nie. Hulle móés eenvoudig die toernooi wen en ook hoop Fidji word in die kwarteindronde uitgeskakel, wat ironies gebeur het toe Engeland die Fidjiane geklop het om self na die halfeind deur te dring.

♦ Suid-Afrika het, ná hul beste wedstryd tot in daardie stadium van die toernooi, tot die eindstryd deurgedring toe hulle met 24-12 teen Nieu-Seeland gewen het terwyl Engeland te goed vir die VSA in hul halfeindstryd was en met 26-12 gewen het.

♦ In die eindstryd het Werner Kok die Blitsbokke se eerste drie gedruk toe hy na binne gesny en ʼn paar verdedigers geklop het om onder die pale te druk.

Engeland se blitsige angel, Dan Norton, is daarna twee keer kort ná mekaar met ʼn bietjie ruimte aan sy buitekant in besit gestel, en die blits het dit albei kere gebruik om twee verdoelde drieë te druk.

Twee minute ná die rustydtoeter het die Blitsbokke met goeie opsies, maar hoofsaaklik geduld, vir Ryan Oosthuizen in die hoek oorgestuur. Justin Geduld, wat die hele week goed gekorrel het, het verdoel om dit 14-elk met rustyd te maak.

Die Engelse is steeds min beweegruimte gegun. Hulle het toe met ʼn diep, en vir sewes ongewone hoë skop, die bal na Suid-Afrikaanse gebied probeer verplaas. Die Bokke het met ʼn teenaanval begin, Ruan Nel het die verdediging met ʼn doelgerigte lopie besig gehou ‒ en toe het die speler van die wedstryd, Dewald Human, moes uithaal om in die tiende minuut naby die hoek oor te gaan.

Dit het teen dié tyd al redelik sterk gereën, en Philip Snyman het besluit Geduld moet pale toe met die strafskop. Hy was weer in die kol met feitlik vier minute se speeltyd oor, dié keer met ʼn skep-strafdoel (24-14).

Die druk was op Engeland en die tyd teen hulle, want hulle moes daarna twee keer gaan druk. Hulle kon nie ..

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bossie ·

Justin Geduld se twee vervyfskoppe was die verskil. Wel gedaan. Die manne was baie kalm onder druk.

Wim van der Berg ·

Dankie vir die uitwys van die glips, Carel. Dis reggemaak.

Frans C ·

Dit is nou regtig ‘n vertoning waarop almal trots kan wees.Dit verdien baie ‘n baie groter toejuiging as wat dit tans kry,want geskiedenis is gemaak.Welgedaan manne ,julle het die een ondanks baie terugslae deurgetrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.