Blitse dodelik in Dubai

Die Blitsbokke is op hul aanvallende beste in Dubai. Foto: Twitter.

Die Blitsbokke het hul Dubai-veldtog op ’n wennoot begin toe hulle eers met Ierland (28 – 7) en nou met Japan (52 – 12) klaargespeel het.

Muller du Plessis het die Suid-Afrikaners se driedrukrekening teen Japan geopen nadat ’n briljante Shakes Soyizwapi die bal op die grond gewen het.

Teen rustyd het die Blitsbokke reeds met 26 – 7 voorgeloop en hulle het hoegenaamd nie die voet van die versnelpedaal in die tweede helfte gehaal nie.

Dit het vir Zain Davids net agt sekondes geneem om weer ’n drie te druk en hulle het uiteindelik die wedstryd op ’n drafstap met 52 – 12 geneem.

Die Blitsbokke speel om 14:40 teen Groot-Brittanje in hul laaste groepwedstryd en die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Blitsbok-drieë: Muller du Plessis, Shakes Soyizwapi (2), Selvyn Davids (2), Zain Davids, Christie Grobbelaar en Shaun Williams.

Blitsbok-groep: Christie Grobbelaar, Ryan Oosthuizen, Impi Visser, Zain Davids, Tiaan Pretorius, JC Pretorius, Branco du Preez, Selvyn Davids, Shaun Williams, Ronald Brown, Siviwe Soyizwapi, Muller du Plessis en Shilton van Wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.