Blitse mik na drie titels, soek goeie wegspring in Dubai

As jy nie hoog mik nie, is sukses jou nie beskore nie. En dit geld in 2017/’18 vir die Blitsbokke.

Daar is drie gesogte internasionale titels op die spel benewens die sewesreeks van Wêreldrugby wat Vrydag in Dubai begin.

Die Statebondspele in  April aan die Goue Kus in Australië  en die sewes-Wêreldbeker in Julie in San Francisco gespeel – en Neil Powell se span wil groot genoeg hap om al drie te wen.

Maar ʼn goeie begin is die sleutel in ʼn seisoen wat hoë eise aan die individue en ook aan die diepte van die Suid-Afrika se sewesspelers sal stel. Boonop moet hulle kwalifiseer vir die Wêreldbekertoernooi, hoewel dit redelik maklik behoort te wees omdat verlede jaar se reekspunte in aanmerking geneem word.

Dubai was die Blitsbokke oor die jare nie altyd goedgesind nie, maar hulle het verlede jaar die eerste toernooi daar gewen net om in die tweede, in Kaapstad, in die finaal te verloor.

In Dubai spring hulle Vrydag in die groepwedstryde teen Uganda weg. Kanada en Kenia kan op hulle dag moeilik wees, maar die Blitse, met hul mees ervare span nog en ʼn rits sterre wat onder die wêreld se bestes tel en mooi deur Powell en in  ʼn eenheid kie saamgevoeg is, behoort na die kwarteind deur te gaan.

Wen hulle groep A, speel hulle dan in die kwarteind teen die tweede beste span in groep B, wat Nieu-Seeland, Argentinië, Samoa of die VSA kan wees – elk op sy dag ʼn moeilike kalant.

Maar eintlik is daar nie meer ʼn maklike groep nie, met elk van die spanne behalwe een of twee wat vir ʼn verrassing kan sorg.

Die Blitse spring weg teen Uganda (Vrydag 08:50 SA tyd) net nadat Kanada en Kenia mekaar vasgevat het. Daarna speel die Blitse teen Kenia (12:34) en dan teen Kanada (17:51)

Die eerste wedstryd van die toernooi, tussen die VSA en Argentinië, begin reeds 06:50 SA tyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria?? ·

Beste wense aan die Blits bokke!! Net jammer dat die helfte van die onder 20 span wat later hierdie manne se voetspore moet volstaan , weens , wie sal weet wat en wie se vrot reëlings vasgekluister sit in Kenia se lughawe weens foutiewe visums !! Hoe op aarde gebeur dit ?Duisende rande betaal vir n retoer blits besoek van SA lughawe na Kenia lughawe !! SKANDE !!! Om nie eers te praat van verlore geleenthede nie .SWAK Suid Afrika !! Gaan iemand toesien dat hierdie mense ren minste vergoed wotd ?

l

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.