Blitse neem wraak teen Aussies in halfeind

Die Blitsbokke het vroeg Sondagoggend eers met Skotland (22-0) in die kwarteind en toe met Australië (24-5) in die halfeind van Wêreldrugby se sewestoernooi in Hamilton afgereken.

Hulle kom nou 09:03 teen Fidji te staan wat met rukke na die Fidji van ouds gelyk het in hulle naelskraapse oorwinning van 14-12 teen Nieu-Seeland op dié se tuisveld.

Australië het besit oorheers, maar die Blitsbokke was met goeie verdediging en uitbuiting van die Aussies se foute deurgaans voor in die wedstryd.

Dit was soete wraak vir die neerlaag in verlede week se eindstryd teen Australië toe die geeltruie die Blitsbokke met 29-0 verneder het.

Daar was egter vir Suid-Afrika nog ʼn besering toe Rosko Specman, nadat hy ʼn langafstanddrie met skitterende verdediging gered het, van die veld is net wat na ʼn getrekte dyspier gelyk het.

Australië se enigste punte het gekom toe Seabelo Senatla met ʼn geelkaart van die veld was ná hy ʼn bal probeer onderskep het.

Hy is vir afklap van die bal van die veld gestuur, soos dit maar in sewes is waar hierdie reël streng toegepas word. Jy vang die onderskepbal raak, of jy betaal die prys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jacques ·

Is Neil Powell nie beskikbaar om by Toetie oor te neem nie?

Henk ·

Wat help dit jy vorder tot in die finaal net om daar jou swakste vetdediging ten toon te stel? Waar was die spelers toe Kok die bokke uit die moeilikheid hardloop en NET Smit hom gevolg het? Agter die pale besig om fees te vier? Hoeveel jare se ondervinding het Brown? Tog gooi hy die bal weg in Fidji se kwartgebied net om stil te staan en te kyk hou fidji n drie gaan druk? Dan vang hy boonop nie die bal van n afskop nie net om te staan en kyk hoe fidji WEER op sy foute gaan druk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.