Blitse op koers, maar sal moet beter

Die verskoning van spelers wat nie beskikbaar is nie, is nie meer relevant nie, en hoewel dit vroeg-vroeg teen Frankryk goed gegaan het, sal die Blitsbokke moet beter as in hulle enigste wedstryd Vrydag in Hongkong.

Hulle het die wedstryd in Wêreldrugby se sewesreeks met 17-10 gewen nadat hulle na net drie minute 10 voor was en toe die Franse met twee foute toegelaat het om gelyk te trek.

Die Blitsbokke het wel twee uitstekende spelbrekers in Branco du Preez en Cecil Afrika wat kort voor die einde in sy 50ste wedstryd die wendrie gedruk het. Hulle het egter nie die vaart en lynbreekvermoë van beseerdes soos Justin Geduld en Rosko Specman om in die middelveld deur te beek nie.

Dit was ʼn redelike eerste vertoning, maar hulle sal Saterdag teen Kenia (07:56) en Kanada (11:56) moet beter in die opbou na die (waarskynlike) kwarteindwedstryde Sondag.

Uitslae op dag een waar al die spanne net een keer gespeel het –
Australië 22 Samoa 19
Engeland 52 Korea 0
Argentinië 22 Skotland 14
VSA 14 Rusland 7
Nieu-Seeland 19 Wallis 7
Fidji 36 Japan 9
Kanada 17 Kenia 14
Suid-Afrika 17 Frankryk 10

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.