Blitsige agterste drie vir die Stormers teen Jaguares

Raymond Rhule – kan hy al verdedig? (Foto fscheetahs.co.za)

Vier nuwe gesigte, insluitende die Springbokvleuel Raymond Rhule wat op internasionale vlak nie die mas kon opkom nie, is in die Stormers se 23-tal vir Saterdag se wedstryd teen die Jaguares op Nuweland.

Daar is ʼn tweede Springbok, JJ Engelbrecht, eintlik ʼn vleuel wat uit posisie as senter nie heeltemal in sy 20 toetse oortuig het nie, wat sy eerste proesel Stormersrugby van die bank af sal kry.

Ook die stut Carlu Sadie en die ervare Griekwas-losskakel George Whitehead, wat Superrugby vir die Cheetahs en vroeër vir die OP en Southern Kings gespeel het, is die ander nuwelinge in die groep.

Die Kapenaars het ʼn opwindende agterste driehoek op die aanval in die opdrafspan. Dillyn Leyds, wat Rhule as Bokvleuel vervang het en vir die Stormers heelagter sal speel, sal saam met Rhule en die Blitsbok Seabelo Senatla egter deur die seisoen moet wys dat hulle ook kan keer.

Die jong Damian Willemse neem op losskakel die plek in van Robert du Preez wat na die Sharks verhuis het, en in die afwesigheid van die beseerde Springbokslotte Pieter-Steph du Toit en Eben Etzebeth speel verlede jaar se Curriebeker-wenkaptein, Chris van Zyl, saam met JD Schickerling.

Die voorry – Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi en Wilco Louw is al drie Springbokke.

Stormers –

15 Dillyn Leyds, 14 Seabelo Senatla, 13 EW Viljoen, 12 Damian de Allende, 11 Raymond Rhule, 10 Damian Willemse, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nizaam Carr, 7 Cobus Wiese, 6 Siya Kolisi (kapt.), 5 JD Schickerling, 4 Chris van Zyl, 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 Steven Kitshoff. Bank: 16 Ramone Samuels, 17 JC Janse van Rensburg, 18 Carlu Sadie, 19 Jan de Klerk, 20 Kobus van Dyk, 21 Justin Phillips, 22 George Whitehead, 23 JJ Engelbrecht.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

WillieM ·

Baie geluk Carlu Sadie met jou insluiting in die span. Hou Bellville-Hoërskool se naam hoog. Voorspoed met jou loopbaan.

Frans C ·

‘n Span met hope slaankrag agterlangs is die NZ Blues.Die Span kan ‘n verrassing wees in die kompetisie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.