Blitsige Tambwe ook in Bulkraal

Madosh Tambwe. FotoL Grant Down/AFP.

Die Blou Bulle se agterlyn sal nou oor selfs meer slaankrag beskik.

Die Curriebeker-kampioenspan het die diens van die blitsige Madosh Tambwe bekom nadat die Kongo-boorling ’n kontrak onderteken het wat hom tot 2023 in Pretoria sal hou.

Tambwe is in Kinshasa gebore en het al rugby vir die Leeus en die Haaie gespeel. Sy skuif na Loftus Versfeld sal vir ’n watertand-agterlyn saam met spelers soos Stedman Gans, Cornal Hendricks en Kurt-Lee Arendse sorg.

Die 23-jarige is ’n driedrukmasjien. Hy het een van die vinnigse driekunse in Superrugby-geskiedenis behaal toe hy vier drieë vir die Lions teen die Stormers gedruk het.

Nodeloos om te sê, Jake White is in sy noppies met die Bulle se nuutste aanwins.

“Madosh beskik oor ongelooflike talent en sy teenwoordigheid sal beslis tot die agterlyn se slaankrag bydra. Ons is opgewonde om saam met hom te werk en sy toorkunsies op die veld te sien.”

Die Bulle sal egter vir die volgende paar weke sonder hul vuurvreter-kaptein, Duane Vermeulen, moet klaarkom.

Die Bok-agtsteman gaan ’n knie-operasie ondergaan en kan na verwagting tot ses weke op die krukkelys wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

MakersMark ·

Maar hy gaffel hard…..kleur maak mos nie saak nie solank die performance reg is vra die province

Anti-Verkramp ·

Nog ‘n kniegbuiger vir julle. Veels geluk. Julle agterlyn beteken darem nou iets nadat die kniebuigers die useless boerseuns vervang het. Wys nou net wat bereik kan word as jy jou span op meriete kies.

MakersMark ·

Great kopie met Madosh enige speler wat soos die artikel se vier drieë teen die province druk is welkom in die blou. Pollard en Etsebeth onderskeidelik eerste en derde op die europese verdienste lys, met 1 m £ en 900 k £ onderskeidelik met hordes ander sa spelers wat uitstaande vertonings lewer en groot geld verdien. Dink aan die du Preez broers, Ackerman, Faf en Koch. Hul hoef nie lokaal te kompeteer nie los dit vir die kwotas.

Anti-Verkramp ·

Verbasend hoe nulle rugby verbeter het nadat overrated spelers soos Pollard, Snyman, Odendaal, ens. daar weg is.

MakersMark ·

Twee bekers in die kas. Almal weet waar die nul sit. Pollard overrated? 1 m £ per jaar in Europa, hoogste betaalde speler in Europa. Daar waai trokkie by die windjies vir 180 I £ per jaar. Die vorige windjies kaptein is nie eers dit geoffer nie. Betaal self transfer – en dis local. Praat van overrated. Die kwotas karring maar hier lokaal rond.

Anti-Verkramp ·

Pollard het niks gewen toe hy by die nulle was nie. Daar is elk geval minstens 3 losskakels net in NS beter as hy. Kolbe is tans ons beste uitvoerproduk in die buiteland en Habana was vir jare voor hom. Die guppies betaal Kolisi se oordragfooi, jy rook weer twakkies.

MakersMark ·

Ha ha weer hang die onderrokkie uit hoeveel verdien td teenoor Pollard en Etsebeth ? Ek wonder of mense wat sulke aanmerkings maak kan lees kyk Kolisi self gese hy betaal sy eie fooie. R 1 m. Dalk is engels moeiliker as three or four clicks.

Anti-Verkramp ·

Ons weet almal die guppies betaal eintlik die oordragfooi ongeag wat Kolisi se. Net naiewe mense sal anders dink. Het geen idee wat ons beste Bok tans verdien nie maar hy’s al ‘n paar jaar op een van die rykste klubs se boeke en sy salaris word verseker aangepas (om nie eers te praat van sy borgskappe vir so ‘n uiters gewilde speler nie). Hy’s reeds ‘n legende in Frankryk, nuwe outjies soos kapkar Pollard moet nog hul merk maak. Engels, nie engels nie.

Frans ·

Madosh Tambwe was onbekend totdat hy speelkans by die Leeus gekry het.Dit bly maar die provinsie en die Cheetahs se probleem dat hy nie sulke spelers kan behou nie.Laat my baie dink aan Bryan Habana wat sy loopbaan ook by die Leeus in 2004 begin het en daar Springbok geword het wat ook in een van die Bulle se sterspelers geword het en eiehandig in 2007 die Superrugbybeker in die doodsnikke teen die Sharks gewen het.
Geldrugby het totaal die toneel verander en ek is bevrees dat dit ook die doodsteek vir party kleiner provibsies gaan wees omdat hul doodeenvoudig finansieël met groter bonde kan meeding nie.Of dit ;n goeie of slegte ding vir Suid Afrikaanse rugby is sal net die toekoms kan leer.Een ding is seker dit was nie goedgenoeg om die dominansie van NZ-spanne in Superrugby te breek nie en mag die nuwe Europese kompetisie dalk ook te veel vir spanne soos WP en die Leeus wees.

MakersMark ·

Dalk moet anti lees wat beteken drie en vier clicks. Die taal version

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.