Bloedsweet en toe ’n oomblik van (bril)Jantjies!

Nes verlede week teen Australië, het Herschel Jantjies vandag weer eens gewys dat hy ’n speler vir die groot oomblik is. (Foto: GB Jordaan)

Toe Herschel Jantjies destyds dáárdie drie vir die Stormers in die doodsnikke van hul Superrugby-kragmeting teen die Lions op Nuweland gedruk het, het baie gemor oor die regverdigheid van die drie; nie soseer oor Jantjies se vaardighede nie, maar eerder omdat toegelaat is dat spel lank ná sireneloei-tyd nog voortgegaan het.

Vandag, nadat dié buksie-skrumskakel se puik poging gesorg het dat Handré Pollard se skopskoen die kans gekry het om sake gelykop in Wellington te maak, is die meeste Suid-Afrikaners waarskynlik tog te dankbaar dat Jantjies destyds die kans gekry het om ’n wedstryd vir sy span in die laaste paar minute te beredder.

Sy drie en Pollard se daaropvolgende komkommerkoel-doelskop het gesorg dat vandag se Rugbykampioenskap-kragmeting tussen die Springbokke en die All Blacks op Wellington 16 elk geëindig het. Die Bokke het verlede jaar op die einste venue 36 – 34 gewen.

Jantjies se drie het net weer eens gewys dat jy drieë nodig het om die All Blacks te troef, jy kan nie net op ’n bobaas-stelskopper se skopskoen staatmaak nie.

Die Bokke het aanvanklik sterk begin en het in die Nieu-Seelanders se gebied geboer. Op ’n stadium was Duane Vermeulen se span amper twee minute in die Kiwi’s se halfgebied, terwyl Kieran Read-hulle net 11 sekondes in die Suid-Afrikaners se gebied was.

Nou normaalweg is dit verkeerd om jouself in ander se foute te verlustig, maar op die rugbyveld sal niemand frons wanneer jy uit jou teenstanders se foute munt slaan nie.

Aanvanklik het die Bokke – wat soos reeds genoem, die spel oorheers het – gesukkel om hul geleenthede in punte om te skakel. Daarteenoor het die All Blacks in die vorm van Jack Goodhue so te sê onmiddellik uit ’n Bok-fout gekapitaliseer en die tuisspan het ’n rustydvoorsprong van 7 – 6 geniet.

Die Springbokke het Saterdag gelykop teen die All Blacks in Wellington gespeel. (Foto: Twitter via @Springboks)

Oudergewoonte het die All Blacks sterker in die tweede helfte as in die eerste vertoon en Richie Mo’unga se skopskoen het die Suid-Afrikaners op die telbord seergemaak.

Voeg daarby ’n skeidsregterblaps toe ’n Kiwi-aanslaan misgekyk is, en jy het die tradisionele resep vir nóg ’n All Blacks-sege teen die Springbokke gehad.

Maar in Wêreldbekerjaar wil jy hê die Springbokke moet met durf en passie speel. En dit is presies wat hulle gedoen het.

Spelers soos Jantjies en Kwagga Smith verdien beslis nog geleenthede in die groen en goud, terwyl Trevor Nyakane se skrumwerk en Francois Louw se balomkeervaardighede ook ’n pluimpie verdien.

Die tafel is gedek vir 21 September se Wêreldbeker-wedstryd tussen dié twee spanne!

  • Puntemakers

Springbokke: Drie: Herschel Jantjies. Doelskop: Handré Pollard. Strafskoppe: Pollard (3)

Nieu-Seeland: Drie: Jack Goodhue. Doelskop: Beauden Barrett. Strafskoppe: Barrett, Richie Mo’unga (2).

  • Jy staan ook kans om saam met Maroela Media en Virseker vier dubbelkaartjies vir die WB-kragmeting in Yokohama te wen. Om in te skryf, volg dié skakel: http://bit.ly/WenJapan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Swartwolf ·

Kanse aan albei kante gewees om die wedstryd te wen. Baie foute NZ eerste helfte en Bokke tweede helfte. Bokke kanse nie gebruik nie – Kolbe in spasie skop ipv vir de Klerk aangee met nog ‘n man oop langs hom? Toetsrugby is nie Franse T14 nie. Kwagga het baie verkeerd bewys en ‘n goeie wedstryd gespeel so ook Louw solank hy op die veld was. Bokke se voorste agt se intensiteit en fisiese spel het AB ontsenu gedurende eerste helfte. Dis presies stap een om die AB’s te klop. Duane beter speler en leier as huidige kaptein. Sou my keuse wees vir wereldbeker kaptein met Pollard onderkaptein. Die span kan ‘n paar ander verras by die wereldbeker.

Cheryl ·

Stem, so gehoop ons gaan wen maar gelykop is beter as verloor

Stefan ·

Stem 100% saam – Jantjies jou doring!! Ek hoop hy kan die permanente skrumskakel word.

Wat ek egter nie van skrumskakels kan verstaan nie, is die onnodige wegskop van ‘n bal net om die ander span die kans te gee om aan te val. Seker nie meer as 1 uit 10 keer is die wegskop van ‘n bal in die guns van die span wat balbesit wen.

kolla ·

Gelukkig kon die WP-man die wa deur die drif trek teen die einde. Span sal versterk word met terugkeer van Kolisi. Kwakkies nie sleg gedoen nie maar Louw is beter. Dis jammer dat die Bokke in die tweede helfte uitsak.

What a joke! ·

Mooi manne mooi! Om die all blacks te keer om jou te verniel op hul eie grond wil gedoen word!Ja daar was n paar foute maar moet se goeie spel manne.,Kwagga goeie game ou maat …Beter as Kolisi…baie baie beter as Kolisi…

kolla ·

Ek dink nie ons moet te opgewonde raak nie. Die wedstryd is gered deur stukkie individuele briljantheid van Kolbe en Jantjies, gaan nie elke dag gebeur nie. Sal graag vir Pollard op heelagter wil probeer. Ons het ‘n vinnige man op losskakel nodig wat die agterlyn kan wegkry. Snyman moet begin in Mostert se plek. Met Kolisi terug, Louw op die bank. Keurders sal moontlik keuse moet maak tussen Kwagga en Coetzee, weet nie of albei in groep vir wereldbeker kan wees nie.

Apools ·

Enigste keuse is tussen Kwagga en Kolisi. Vermeulen kaptein, Pollard onderkaptein, Kwagga op 6 en waterdraer op sy gewone plek. Res ok. Gelukkig red jantjies toe die weer probeer se naam du toit en etterbet maar stil, malherbe nie te great geskrum nie en tuindwerg wat ‘n drie wegsmyt deur te skop ipv te pass. Maar ‘n draw is nie sleg nie.

André Badenhorst ·

Baie dankie aan Maroela Media se puik beriggewing!

ChrisE ·

Die All Blacks is volgens almal die beste rugbyspan ter wêreld. Die ranglys bewys dit. Die All Black het egter ‘n hele paar swakpunte. Hulle hou glad nie daarvan om van hul eie medisyne te kry nie. Die pluspunte wat hulle so ged maak is. Die All Blacks speel net slimmer rugby as die ander spanne. Kyk net hoe baie keer speel hulle die man en nie die bal nie. Lê onkant, hou opponente vas, beweeg baie traag weg van die losskrums wanneer hy onkant lê. Agterspelers storm te gou op. Hulle is voordurend op die “voorvoet”, want hul opponente laat hulle toe. Hulle “speel” die skeidsregter en die hulp skeidsregters. Kyk hoe baie praat hulle met die skeidsregsters. Gedurende daardie gesprekke is ek seker hulle vra nie hoe dit gaan nie. Hulle beinvloed die beamptes baie subtiel. Hulle skinder van hul opponente en maak hul spel verdag deur aanmerkings te maak of slegs vrae te vrae of iets toelaatbaar is want iemand het die gedoen. Hulle “vertolk” ook die reëls anders. Ou storie jy hou aan totdat jy gevang word. Hulle is onderduimse/skelm/slim spelers.

Valerie ·

Een swaeltjie…. SA wil maar nie leer nie. Die ABs speel Barrett op heelagter; dit was duidelik ‘n oefenkampie vir hulle. Daar is nie ‘n span op die oomblik wat die ABs van nog ‘n WB gaan of kan weghou nie. Om opgewonde en liries (hopeloos liries) te raak oor ‘n gelykoptelling in ‘n onbelangrike wedstryd is baie slegte nuus vir SA.

Swartwolf ·

Stem saam om gelykop te speel is nou nie ‘n klinkende oorwinning nie en die AB’s gaan definetief WB toe as gunstelinge maar die afgelope vier wedstryde teen hulle het bewys hulle kan (moeilik) deur die bokke geklop word. Meer verblydend is die opwaartse kurwe wat bokke wys veral wanneer die regte leierskap in beheer is.

Griet ·

HAAAHAAAA…OU VALERIE, JÓÚ OU FANRATASTIESE OORWONNE ALL BLACKÍES WAS FLOUER AS FLOU MY SKAT,HÚLLE KON NIÉ EERS DIE BOKKE WEN NIEEEE….!!! HAHAAAAA

Tucson ·

Valerie,
Stem saam. Die AB is besig met hulle sielkundige oorlog.

Griet ·

Jaaaaa,welllll…..gelykop speel is dárém stukke beter, as verloor….!!
BAIE GELUK BOKKE,trots op julle, julle kán nog BETER VERTOON..!!

ENNN…WÁÁR ÍS DÍE UITERS NEGATIEWE DOEMPROFETE SOOS VALERIE,RINKHALS,SCHAUN, GROTE GRIET EN LEKKER LAG, NÓÚ..???

Smirre ·

Jy weet ou griet met hoofletters en al jy se nou die AB’s kon nie die bokke wen nie maar as jy mooi na die telling kyk sien jy ook die Bokke kon nie die AB’s klop nie so waaroor al die massa histerie?

Griet ·

Aaaag,ou SMÍRRE gaan drink ñ ou kalmeerpilletjie toe,asb..??
EK KÁN EN MÁG HOOFLETTERS TIK NET SOVEEL SOOS EK WÍL, DIS BETER VIR MY OË EN DIT BEKLEMTOON MY PASSIE…!!
OLÉ,OLÉ,OLÉ…VIRI BOKKE en vir ou goor smirre ook…!!!

Smirre ·

Ok Griet sorry ek het nie geweet van die oe nie so tik maar hoofletters als ok met my.

Frans C ·

‘n Mens bespeur iets van Joost van der Westhuizen se spel in Jantjies.Die All Blacks is kwesbaar voorlangs en as Suid Afrika die regte keuses voorlangs maak hoef hul nie te skrik vir die All Blacks in Japan nie.

Ongelukkig is nog te veel balle net weggeskop en het die ou siekte van Bokke se vleuels
om binne toe te gaan om te help verdedig weer sy kop uitgesteek.Makazole Mapimpi
is maklik geklop in die All Blacks se drie en is ek persoonlik spyt dat Cornal Hendricks
nie ‘n kans gegun is om te wys dat hy nog op die vlak kan speel.

Dit is baie moeilik om vergelykings te tref tussen Noordelike en Suidelike halfrond rugby.Tog wil dit voorkom dat die Noordelike halfrond se voorspelerspel beter as die Suidelike halfrond is en as spanne soos Engeland,Ierland en Walis hul kaarte voor
reg speel kan een van hulle verras en die All Blacks onttroon.

Suid Afrika sukkel nog te veel in die lynstane en hopelik word die probleem gou opgelos.

Kerneels ·

Presies wat ek ook sê oor Mpimpi, Frans. Sy binne toe geneuk tydens verdediging het ons 7 punte gekos – Habanna se kwaal ook gewees in die begin.

CHAPPIES ·

Nog onnodige foute, wat uitgeskakel kan word by die BOKKE,maar darem al bbaie beter en nie verloor nie!

Maar die ALL BLACKS se dae as beste rugbyspan is verby en getel!

JP ·

Wil net sê Jantjies jy is nie meer ‘n koperdraad nie, jy is nou ‘n streikyster ????????

kolla ·

Ek het die wedstryd weer aandagtig gekyk en op spesifieke dinge gekonsentreer:
1. Senters – De Allende en Am was uitstekend op verdediging. Was opmerklik hoe die gate begin oopgaan het toe hulle as senterpaar vervang is deur Kriel en Steyn..
2. Kwagga – Hang gedurig rond in die agterlyn. In die opsig speel hy baie soos Kolisi maar Kolisi is ‘n beter baldraer en beter skakel tussen die agterspelers. Ek het nie gesien dat Kwagga enige balle by losskrums omkeer nie, in die opsig is Louw beter. Ook natuurlik geen faktor in die lynstane nie. Gaan moeilik speelkans kry as Kolisi terug is en met Louw daar. Nogtans het hy sy kant gebring.
3. Kolbe – my Bok van die wedstryd. Uitstekend verdedig en die enigste agterlynspeler wat gevaarlik lyk op die aanval.
4. Pollard – bestendig maar ek sal wat wou gee om ‘n Ma’unga of Barrett op losskakel te hê wat ‘n agterlyn kan wegstuur. Ons ontbreek spoed in die posisie. Ek sal graag wil sien wat Pollard maak op heelagter in die plek van Willie maar daar’s ‘n skaarste aan bestendige losskakels so ons kan nie daai eksperiment doen nie.
5. Jantjies is ‘n tydige goudmyntjie op skrumskakel. Ons het nou twee baie goeie skrumskakels.

Eintlik is daar nie baie om te rapporteer nie, nie juis ‘n goeie wedstryd nie.

Swartwolf ·

Dink jy moet weer kyk. Haal die stompie bril af as dit moontlik is. Kwagga het nerens rondgehang nie en het een turnover gewen asook SA se eerste lynstaan wat ‘n disaster was gered. En hy het baie die ball gedra. Pollard was beter as Ritchie op verdediging en aanval.

KAKtus ·

Vat net daai nommer 15 van die bokke weg. Hys nou n paptert…

kolla ·

Ek het regtig probeer kyk waaroor die hype gaan wat Kwagga aanbetref maar hy het my nie beindruk nie. Hy het sy kant gebring maar ons het beter opsies in Kolisi en Louw in my opinie. Dalk haal hy tog nog die span as reserwe bo Coetzee, wie weet. Hoop net Kaptein Kolisi gaan gereed wees vir die wereldbeker.

Bianca ·

Hoe heerlik LAG ek, vir onse volksgenote se erns en HUMOR as by rugby kom!

Boesman ·

Heng ou Kolla, wat jou so groot aanhanger van Kolisi maak sal net jy weet. Hy is ook geen goeie kaptein nie. As speler is hy vêr agter baie spelers so ook as kaptein. Sjoe man?

Henry ·

Moet jou tog nie aan ou kolla steur nie.
Standaarde doer onder by die strompelende stompies is nie van die beste nie.
Hy of sy voel klaarblyklik sommer strate beter, wanneer ons van die nuutste ‘slimmighede’ vanuit die diep suide te lese kry.
:-)

CFS ·

Bolla deur die boom van ñ wynbottel of KWV lyk die hele wêreld mos heel anders.Daar is nie ñ manier wat Kolisi beter as Kwgga is nie en Vermeulen is ñ kaptein wat van vooraf lei.Mostert het ook puik gespeel.

CFS ·

Ek sien my kommentaar is eers geplaas en toe afgehaal,sal weer probeer.Kwagga is baie beter as die nuwe waterdraer en sal ñ aanwins vir enige span wees.Vermelen is baie beter kaptein en speler as Kolisi en Mostert is ñ moet van die bank af.Kolla sal saam met my stem dat Kaapse wyn en KWV darem alte lekker is.

Jimmy ·

Die All Blacks bly my span en hulle sal 100% reg wees wanneer die wêreldbeker begin. Tans is die ABs by 70%.

Tobie ·

Almal lewer positiewe kommentaar, maar niemand verwys na die aanslaan blaps nie, die laaste NZ drie is ook verdag, dit wil voorkom asof die speler uitgetrap het, sou dit nie die wedstryd dramaties verander het nie, vra maar net?

kolla ·

Watse aanslaan blaps en nee die AB speler het nie uitgetrap nie, daai was ‘n uitstekende drie.

Kerneels ·

kolla, ek dog jyt die wedstryd weer gekyk… AB bal aangeslaan in losgemaal kort voor einde. Skeidsregters egter strafskap aan AB gegee. Haal jou stompie-brille af…

TLC ·

Jong my klong
Dis nou 1 Jantjies wat kan rugby speel
Geluk my Bokke trots op julle

Buffel ·

Waterdraer is perfek waar hy nou is, Lleyds is altyd Late’s op verdediging en sal punte afstaan, en Willemse is ‘n kwota persentasie volmaak speler op sy beste. So voor jy nou weer ‘n span vol cape moari’s aanbeveel los keuring vir die keurders en kyk die video van die stormers song. Laat daai manne met die sambrele jou nie aan jouself dink nie ?

kolla ·

Nog net die beginspan versterk mer Kolisi, Leyds en Willemse dan sal niemand ons klop nie en terselfdertyd sal die kwota-teiken op meriete gehaal word. Dinge begin goed lyk en die kwota moaners raak al stiller… Lekker man, lekker.

Joke! ·

Het jy waargeneem hoeveel spelers was blank en hoeveel nie blank in die begin of is jy kleurblind van al die papsak wyn Kolla ? Nog n ding Kwagga speel kolisi onder die tafel in op elke liewe vlak en Vermeulen het gewys wat die regte keuse as kaptein kan doen aan die eind resultaat anders as jou slakkepas stilswyende kwota kaptein….sssshhhh nou eerder kolla jy slat alweer jou eie naam met n pap snoek ouboet!

kolla ·

Kwakkies is ‘n kabouter wat eintlik terleurgestel het as mens al die hype voor die tyd oor hom in ag neem. Ek het gelag toe ek hom glad nie gesien het in die lynstaan nie. Hy was iewers agterlangs weggesteek, weet net nie waar nie. Gelyk of ons een speler kort. Nee wat, nie genoeg gedoen om enige bedreiging vir Kolisi of Louw in te hou nie. Hoop Coetzee begin volgende toets, ons sal tussen Coetzee en Kwakkies as moontlike reserwes moet kies vir die wereldbeker.

Joke! ·

Stem met Frans c dit is ok iets wat my opgeval het is hoe Mapimpi ingehardloop het en sy posisie verlaat het wat tot n drie gely het teen die Bokke!!Dit net daar het die Bokke n wen weggegooi! Kolbe was goed baie goed en verdien sy plek maar voel ok Hendricks verdien n kans en moet nie vir Specman weggooi nie…Waars is Aphiwe Dyantyi ok nog….All Blacks het ongewoon baie foute gemaak wat hul momentum gekos het gelukkig, miskien iets te doen met die Bokke se opskiet verdediging maar passop volgende keer sal die All blacks nie weer so uitgevang word nie hul is veels te slinks daarvoor! Die Bokke sal n sweeper reg moet he agter die die opskiet verdediging want hul sal dit teiken! As jy hulle gaping gee en Mo Unga die spel laat dikteer gaan hulle jou verniel..Hy Mo unga is egter baie goed geneutraliseer wat sleutel was aangesien hy hulle nie oor die voordeel lyn kon kry nie,elke keer vinnig gesmoor en hulle die ABs het nie aangepas met steek skoppies oor die Bokke se koppe nie gelukkig ! Nie n wen nie maar nie n verloor nie..Die All blacks sal wel bekommerd wees en die Bokke sal baie gees vat uit die gelykop resultaat…Net my mening…

Kerneels ·

Kwagga en Marcel presies dieselfde speelstyl. Jou punt maak geen sin – nes soos jou ‘rugbykennis’

Swartwolf ·

WP en gekleurde spelers. Dis al wat jy kan oppraat maak nie saak hoeveel verbale diaree jy in die proses uiter nie. En kennis van rugby laat veel te wense. Trek die wp onderbroek uit as jy rugby kyk. Kolisi sou Sa nerens gewees het soos hy gewoonlik is. Kwagga was stukke beter as hy. En Vermeulen ‘n baie beter kaptein.

Niklaas ·

Die AB drie is maklik gemaak deur die vreemde binne- veld -toe spel van Mapimpi. Waarom doen hy dit so gereeld of wil hy bal probeer onderskep of eerder senter speel? Jantjies was darem vlymskerp. Ons het 2 baie goeie skrumskakels tans. Ek sal RG Snyman meer speelkans gee. Hy is besonder vinnig en kan vleuels inhardloop. Duane is puik kaptein en verdien die leierskap mantel in die WB . Dis moontlik dat die AB s oorgerus was of ons word almal n rat voor die oë gedraai en hul sal eers die krane later oopdraai as dit saak maak. Dit sal my nie verbaas nie.

JohanL ·

Op die dag was die gelykop uitslag die “regte uitslag” gewees dink ek. AB se drie kom van omkeerbesit en Bokke se drie was “ietwat geluk” in die dat Jantjies die bal net-net voor die AB kon bemeester en gaan druk. Welgedaan Jantjies, maar kon so maklik anders gewees het.

Meer belangrik dink ek is dat die Bokke oor die laaste 4 wedstryde (teen die Blacks) uiters kompeterend was en die AB’s het gewys dat onder DRUK hulle kwesbaar is (seker maar soos enige span).

Taktiese skopwerk dink ek was baie beter as in verlede en meeste skoppe kon ons opvolg en kompeteer om die bal. Nie net ‘n “skop en hoop van die beste nie”. Enkele skoppe egter nog swak, maar gelukkig in die minderheid.

Skakel net onnodige en dom foute uit – RG Snyman se speel die man in die lug met 4 of 5 minute speeltyd oor, was DOM. Gelukkig kon ons steeds herstel. In die toekoms dalk nie so gelukkig nie.

Ons moet ook net onthou dat die AB’s dubbel so veel hanteerfoute gemaak het as die Bokke. Sal waarskynlik nie sommer weer gebeur nie, maar omgekeerd kan mens ook reken dat dit die gevolg was van die volgehoue druk deur die Bokke.

Alles in ag genome – welgedaan Bokke. In ‘n tyd waar ons sport maar sukkel, sal enige gelykop en wen met ‘n glimlag aanvaar word.

SjN ·

Beide skrumskakels is goed, hoekom skop hul so baie, indien dit deel van die wedstryd plan is moet hul begin besef dit werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.