Blou Bulklub wil vir jaar yskas toe

bloubulle-logo`n Blou Bulklub het aansoek gedoen om vir `n jaar in die yskas geplaas te word.

Leon Potgieter, die voorsitter van Oostelike Eagles, het aan Pale Toe! bevestig dat die klub besluit het om voorlopig by Harlequins in te skakel.

“Ons het egter `n versoek tot die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) gerig om slegs vir `n jaar aan die Carltonliga te onttrek, en ook dat ons jeugklub, wat kern gesond is, toegelaat word om voort te gaan met sy bedrywighede.”

Die klub het verlede jaar laaste in die Carltonliga geëindig en is vanjaar na die nuwe Carlton-B-liga (voorheen die Eerste Liga) afgeskuif.

Die twee klubs het vroeër vanjaar ooreengekom dat Eagles een van Quins se velde gebruik nadat eersgenoemde probleme met sy huisvesting by `n skool ervaar het.

♦ Ben Eybers, die voorsitter van Harlequins, sê Quins het verskeie Eagles-spelers as lede ingeskryf en het nou 363 spelers by die BBRU geregistreer.

“Ek vermoed dit is die grootste oop rugbyklub wat lid van die BBRU is, en dalk in Suid-Afrika. Ons het ook 314 jeugspelers geregistreer,” het hy aan Pale Toe! gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.