Blou Bulle kry nuwe Curriebeker-kaptein

Ruan Steenkamp se borsbesering het daartoe gelei dat die Blou Bulle, sonder dat hy in ʼn enkele Curriebekerwedstryd voor gedraf het, ʼn nuwe kaptein vir die die reeks moes aanwys.

Na wat berig word, sal Steenkamp se besering hom vir die res van die seisoen van die veld af hou.

Dié gewese SA o.20-losvoorspeler is vanjaar deur beserings geteister. Hy het die seisoen met ʼn oor- en ʼn kniebesering begin, en die eerste Curriebekerbotsing weens ʼn dyspierbesering misgeloop.

Die ervare gewese Cheetah Boom Prinsloo, wat teen Griekwas die leiding geneem het, is Donderdag as die nuwe kaptein aangewys.

Tony Jantjies is terug op losskakel vir Saterdag se kragmeting teen die Goue Leeus, nadat hy hom aan die span teen Griekwas moes onttrek, en Tinus de Beer skuif bank toe.

Die slot Irné Herbst maak sy buiging in die opdrafspan in Abongile Nonkontwana se plek. Laasgenoemde het eweneens ʼn plek op die bank gevind.

Beserings het nóg drie veranderings genoodsaak: Kefentse Mahlo vervang Duncan Matthews op die vleuel; en die stutte John-Roy Jenkinson en Jan-Henning Campher staan Conraad van Vuuren en Jaco Visagie se skoene vol.

Die span –

15. Warrick Gelant, 14. Travis Ismaiel, 13. Franco Naudé, 12. Burger Odendaal, 11. Kefentse Mahlo, 10. Tony Jantjies, 9. Piet van Zyl, 8. Nic de Jager, 7. Jannes Kirsten, 6, Boom Prinsloo (kaptein), 5. Ruben van Heerden, 4. Irné Herbst, 3. John-Roy Jenkinson, 2.Jan-Henning Campher, 1. Pierre Schoeman. Bank: 16. Johan Grobbelaar, 17. Matthys Basson, 18. Abongile Nonkontwana, 19. Shaun Adendorff, 20. André Warner, 21. Tinus de Beer, 22. JT Jackson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.