Blou Bulle verander heelwat aan span vir Leeus

Burger Odendaal – terug as kaptein. (Foto: GB Jordaan)

Die Blou Bulle het heelwat verander aan die span wat Saterdag die Goue Leeus op Ellispark in die reeks om die Curriebeker aandurf.

Die buitesenter Burger Odendaal is weer fiks, in die opdrafspan, en neem weer die kapteinsmantel oor.

Hy vervang Dries Swanepoel, wat op sy beurt beseer is.

Warrick Gelant is terug op heelagter in die plek van Manie Libbok, wat bank toe skuif.

Op skrumskakel is André Warner en Ivan van Zyl neem plek op die bank in.

Voorlangs skuif Nick de Jager van agsteman na speelkantflank in die plek van die beseerde Shaun Adendorff, terwyl die gewese Goue Leeu Jano Venter sy opdrafbuiging in die nommer 8-trui maak.

Die vaskopstut Matthys Basson is in die opdrafspan, Dayan van der Westhuizen op die bank, en aan die ander kant van die voorry sak Pierre Schoeman pleks van Lizo Gqoboka.

Marco van Staden, wat vir die Bulle in die destydse Vodacombekerreeks gespeel het, kan sy Curriebekerbuiging vir die Bulle van die bank af maak. Hy het die Tukkies vanjaar die Varsitybeker help wen, en is ewe tuis op flank as op haker.

Die span –

15. Warrick Gelant, 14. Duncan Matthews, 13. Burger Odendaal (kaptein), 12. JT Jackson, 11. Rabs Maxwane, 10. Marnitz Boshoff, 9. André Warner, 8. Jano Venter, 7. Jannes Kirsten, 6. Nick de Jager, 5. Aston Fortuin, 4. Ruben van Heerden, 3. Matthys Basson, 2. Edgar Marutlulle, 1. Pierre Schoeman. Bank: 16. Johan Grobbelaar, 17. Dayan van der Westhuizen, 18. Tim Agaba, 19. Marco van Staden, 20. Ivan van Zyl, 21. Manie Libbok, 22. Johnny Kotzé.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.