Blou Bulle verander losvoorspelertrio

Die Blou Bulle se opdrafspan vir Sondag se wedstryd teen die Westelike Provinsie beskik oor ʼn ander losvoorspelertrio as die span wat teen die Sharks verloor het.

Die agsteman Jano Venter het dermate van sy besering vroeg in die Sharks-wedstryd herstel, dat hy sy terugkeer op die bank maak, met Nick de Jager wat van flank na agsteman skuif. Marco van Staden neem De Jager se plek in, en Tim Agaba vervang Jannes Kirsten aan die ander kant van die skrum.

Die terugkerende Boom Prinsloo en Tony Jantjies is op die bank gekies.

Die span –

15. Warrick Gelant, 14. Duncan Matthews, 13. Burger Odendaal (kaptein), 12. JT Jackson, 11. Johnny Kotzé, 10. Marnitz Boshoff, 9. Ivan van Zyl, 8. Nick de Jager, 7. Tim Agaba, 6. Marco van Staden, 5. Aston Fortuin, 4. Ruben van Heerden, 3. Conraad van Vuuren, 2. Edgar Marutlulle, 1. Pierre Schoeman. Bank: 16. Johan Grobbelaar, 17. Dayan van der Westhuizen, 18. Jano Venter, 19. Boom Prinsloo, 20. Piet van Zyl, 21. Tony Jantjies, 22. Ulrich Beyers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.