Blou Bulle vereer uitblinkers

Die Blou Bulle-maatskappy het Woensdag sy uitblinkers by ʼn prysuitdeling op Loftus Versfeld in Pretoria vereer.

Die senter en kaptein Burger Odendaal is as die senior speler van die jaar bekroon, het die afrigterserkenning vir die Superrugbyreeks ontvang, en is as die spelers se speler van die Curriebekerreeks aangewys.

Ruben van Heerden (slot) is as die junior speler van die jaar beloon, en het die Puma-toekenning ontvang.

Pote Human (lynstaanafrigter van die Curriebekerspan) was die beste afrigter.

Jacus Coetzee (hoëprestasie-spelerstoekenning), Jason Jenkins (koggelbul) en Pierre Schoeman (Isuzu- en Afgri-toekenning) het van die ander topspelerspryse ontvang.

Ander toekennings –

Superrugbyreeks

Voorspeler van die jaar: Jason Jenkins; agterspeler: Travis Ismaiel; spelers se speler: Ruan Steenkamp; belowensdste speler: Pierre Schoeman.

Curriebekerreeks

Voorspeler: Pierre Schoeman; agterspeler: Warrick Gelant; belowendste speler: Johan Grobbelaar; afrigterserkenning: John William Meyer

Supersportreeks

Voorspeler: Marco van Staden; agterspeler: André Warner; spelers se speler: Tinus de Beer; belowendste speler: Aston Fortuin; afrigterserkenning: Abongile Nonkontwana.

Onder 21-reeks

Voorspeler: Maruis Verwey; agterspeler: Stedman Gans; spelers se speler: Gerhard Steenekamp; belowendste speler: Xolisa Guma; afrigterserkenning: Zama Dyidi.

Onder 19-reeks

Voorspeler: Ruan Nortjé; agterspeler: Wian van Niekerk; spelers se speler: JC Pretorius; belowendste speler: Werner Fourie; afrigterserkenning: Luke Fortuin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.