Bloudruk sonder ʼn afrigter

Allister Coetzee - glo ook daar by die indaba met die afrigtingspan (Foto herald.ie)

Allister Coetzee – glo ook daar by die indaba met die afrigtingspan (Foto herald.ie)

Die Springbokke speel vandag oor 114 dae in die eerste toets teen Frankryk en die Junior Springbokke neem oor sowat  100 dae aan die Junior Wêreldtoernooi in Georgië deel, maar steeds het nie een van hulle ʼn hoofafrigter nie.

Die nasionale afrigtingspan (let wel, die Suid-Afrikaanse Rugbynie het nie name genoem nie, maar het wel aan rugby365.com bevestig dat Allister Coetzee ook teenwoordig was), die afrigters van die ses Superrugbyspanne en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se Mark Alexander, Francois Davids en James Stoffberg het Woensdag in Kempton Park by ʼn derde indaba die pad vir Suid-Afrikaanse rugby verder uitgestippel.

Daar heers groot opgewondenheid oor die bloudruk vir die pad vorentoe, oor hoe die spanne in die Superreeks gaan speel, oor die kontraktering van spelers, die behoud van topspelers, oor hoe die Bokke in die Superreeks gerus sal  word en oor ʼn kondisionersingstrategie wat oor twee weke vasgeknoop sal word.

Maar wat van die nasionale afrigter, wat van die afrigter vir die Junior Springbokke, wat van spelers wat oorsee speel, en wat van die Curriebekerreeks?

Ja, daar is glo probleme met die kontraktering van een of twee afrigters (Brendan Venter?), maar hoekom word die ander belangrike besluite nie bekend gemaak nie.

Was dit nie verlede jaar een van die grootste struikelblokke toe Coetzee eers in April aangestel is en nie genoeg tyd gegun is om die Bokke teen die Iere te slyp nie?

Coetzee het, volgens alle aanduidings, die valbyl vrygespring omdat daar nie ʼn prestasieklousule (vir sy eerste jaar) in sy kontrak was nie.  Maar as dieselfde foute weer vanjaar begaan word, as hy weer te min tyd gegun word om die Bokke voor te berei en as daar steeds nie duidelikheid is oor die kies van oorsese spelers nie, hoe kan hy dan na die reeks teen Frankryk beoordeel word en dalk die trekpas kry?

Hou maar die Franse dop in die Sesnasiesreeks, hulle gaan ʼn groter uitdaging bied as die Iere.

As die Bokke nie slaggereed is nie, word daar weer lang trane gehuil, bloudruk of te nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Is So ·

AC gaan bly want hulle kry nie kontrakte met die ander kandidaat gefinaliseer nie.
Stick gaan O/20 Bokkies oorvat en Franco Smith gaan sy plek by die Bokke oorneem.

Smirre ·

Ek verstaan die bohaai glad nie.

AC gaan en sal die Bokke steeds afrig. Maak nie saak wat wie ookal sê nie.

Die 0/20 span gaan deur Mokoena, Pukke se Varisty afrigter afgerig word. Hy sal die mas opkom en is goed genoeg om die span te brei en kan dalk later opgetrek word na die senior span toe.

Stick gaan ‘n passesier by die Bokke word.

Sterkte aan albei spanne.

MANIE ·

Ek is bly ek is verby die dae wat ek duisende rande aan rugby spandeer het. Ek het tot my pakket by dstv verander dat ek nie meer rugby kan sien en daarvoor betaal. Laat rugby maar aangaan met BEE maar gelukkig sonder my geld

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.