Bloudruk vir SA rugby gefinaliseer

sa-rugby-logo-crop’n Bloudruk, wat gemeenskaplike doelwitte bevat om rugby op alle vlakke tot voordeel te strek, is Woensdag tydens die derde afrigtersindaba in Kemptonpark bespreek en gefinaliseer.

ʼn Konsep van die SA Rugby-bloudruk is aan die vergadering voorgehou na die twee indabas einde verlede jaar na een van die donkerste jare in Suid-Afrikaanse rugby.

Woensdag se indaba, is deur die afrigters van die ses Superrugby-spanne, Allister Coetzee en sy Springbokafrigtingspan, die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Mark Alexander, sowel as die adjunk- en visepresident, Francois Davids en James Stoffberg, bygewoon.

Een van die belangrikste bepalings van die nuwe bloudruk, wat Saru se ringkoppe hoop die Springbokke weer ’n wêreldkrag sal maak, is die rustye en speeltyd van Springbokspelers.

Hoe presies die rustye van Springbokspelers gaan werk, is nog duister. Topspelers het gesamentlike kontrakte by Saru en provinsiale unies. Uit die aard van die hoeveelheid geld wat unies uithaal om sekere spelers hulle unie se trui oor die kop te laat trek, kan verstaan word dat unies waarde vir hulle geld wil hê. En waarde is dat spelers moet speel.

Spanne soos die All Blacks maak van sentrale kontraktering gebruik, waar die spelers uitsluitlik in die Nieu-Seelandse rugbyunie se diens is en hulle het dus volle seggenskap oor die spelers.

Die persverklaring wat deur Saru na Woensdag se indaba uitgereik is, maak verder melding van die identifisering en implementering van belangrike “rugbybeginsels” wat op franchise-vlak in werking gestel sal word.

Volgens Alexander verwag hulle nie van die spanne om dieselfde te speel nie, “maar dit sal goed wees as al die Superrugby-spanne dieselfde benadering oor die basies aspekte van die spel volg”.

♦  Geen aankondiging oor Coetzee se voortgesette betrokkenheid as Springbokafrigter is nog gemaak nie, terwyl die Junior Bokke ook steeds afrigterloos is – net ʼn raps meer as twee maande voor die afskop van die o.20-Wêreldbeker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frans C

Sonder ‘n duidelike onderskeid tussen beroeps en-amateurrugby gaan ons niks verder kom nie. Dit is hoe ek sou probeer om rugby te organiseer. Amateurrugby.Van skolevlak tot Curriebeker. Beroepsrugby. Van Superrugby tot Springbokrugby. Geen heen en weertrekkery tussen die kodes nie. In Boks sien ‘n mens nie amateurs in beroepskryt en omgekeerd nie. Na die Curriebeker afgehandel is kom beroeps en amateur afrigters byeen en kies ‘n streeksspan,van bv. Leeus,Luiperds,Pumas, Valke ens wat dan reeds die professionele span wat bestaan sal aanvul. Soortgelyke spanne word dan landwyd saamgestel. Hierdie spanne speel oefenwedstryde teen mekaar en word amateurspelers voorlopige beroepskontrakte aangebied as… Lees meer »

Frans C

Kiepie Jy verstaan verkeerd. Amateursafrigters sal jy hoofsaaklik op skole, by klubs en Universiteite aantref.’n Amateur is iemand wat dit uit en vir die liefde van die spel doen. Beroepsrybyspelers en afrigters is diegene wat van die spel ‘n beroep gemaak het en dit wêreldwyd kan beoefen, soos enige ander mens wat ‘dokter,ingenieur ens is. Die Lions het sonder hul beroepsspelers die Curriebeker probeer behou en in die proses ‘n goeie pakkie slae by die Cheetahs gekry.Dus sê ek hou amateurrugby ‘n plaaslike spel met die Curriebeker as hoogtepunt. Want dit is duidelik waarom die Lions tussen twee seisoene van… Lees meer »

Frans C

Vir Kiepie se inligting.In Engeland is daar alhoemeer ‘n beroep dat klubs moet terugkeer na hul amateurstatus. As jy bv in jou soekinjin intik. ‘Clubs should return to amateur status’ behoort jy al ‘n paar artikels oor dit te kry.