Blues kry vir Barrett

Jordie, Beauden en Scott Barrett is die eerste drie broers wat saam vir ʼn All Blacksgroep gekies is. Jordie en Beauden kan volgende jaar straks beide vir die Blues speel. (Foto: Twitter All Blacks)

Waarskynlik die wêreld se mees aanvallende losskakel, Beauden Barrett, is volgende jaar in die kleure van die Auckland Blues te sien.

Die 28-jarige Barrett het die afgelope nege seisoene vir die Hurricanes gespeel en is een van die redes waarom dié span so gereeld vir die Superrugby-uitspeelwedstryde gekwalifiseer het. Hy het egter nou ’n kontrak van vier jaar met die Auckland-span onderteken.

Nog nuus uit Nieu-Seeland is dat Barrett se jonger broer, die 22-jarige Jordie, ook in die mark vir ’n nuwe span is. Die New Zealand Herald het berig dat die Highlanders en die einste Blues in sy dienste belangstel.

Die broers se pa, Kevin, het gesê dat daar ’n moeilike besluit op sy jongste seun wag.

“Hy (Jordie) het beslis ’n ingewikkelde keuse om te maak. Dit is die hoofrede waarom hy vir die Hurricanes uitgedraf het; om saam met Beauden te speel,” het die pa gesê.

  • In Suid-Afrika is daar ook heelwat spelers wat hul heil oorsee gaan soek het. Hier is die lys volgens SA Rugby Magazine:

Bulls:

Handré Pollard (Montpellier, Frankryk), Jesse Kriel (Canon Eagles, Japan), Lood de Jager (Sale Sharks, Engeland), RG Snyman (Honda Heat, Japan), Jason Jenkins (Canon Eagles, Japan), Hanro Liebenberg (Leicester Tigers, Engeland), Eli Snyman (Treviso, Italië), Hendré Stassen (Stade Français, Frankryk) en Travis Ismaiel (Harlequins, Engeland).

Cheetahs: 

Franco Smith (Italiaanse hoofafrigter), Shaun Venter (Ospreys, Wallis) en Rudy Paige (Clermont, Frankryk).

Kings: 

Michael Willemse (Edinburg, Skotland).

Lions: 

Nic Groom (Edinburg, Skotland), Stephan Lewies (Harlequins, Engeland), Lionel Mapoe (Stade Français, Frankryk),  Ruan Combrinck (Stade Français, Frankryk), Harold Vorster (moet bevestig word),  Sylvian Mahuza (moet bevestig word), Danie Mienie (moet bevestig word), Robert Kruger (moet bevestig word) en Robbie Coetzee (moet bevestig word).

Sharks:

Rob du Preez (Sale Sharks, Engeland), Jean-Luc du Preez (Sale Sharks, Engeland), Dan du Preez (Sale Sharks, Engeland), Akker van der Merwe (Sale Sharks, Engeland), Coenie Oosthuizen (Sale Sharks, Engeland) en Ruan Botha (London Irish, Engeland).

Stormers: 

Eben Etzebeth (Toulon, Frankryk), SP Marais (Canon Eagles, Japan), EW Viljoen (Leicester Tigers, Engeland) en JJ Engelbrecht (Clermont, Frankryk).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.