Bok- en Blou Bul-legende help Goue Leeus slyp

Victor Matfield (Foto: Twitter)

ʼn Legendariese Springbok, Bulls- en Blou Bul-speler gaan help om die Goue Leeus se Curriebekerspan te slyp.

Die bond het Donderdag in Johannesburg bekend gemaak dat die gewese Bokslot Victor Matfield die hoofafrigter Swys de Bruin as voorspeler-afrigter sal bystaan. As konsultant sal hy hom veral op lynstaan-, en saam met die Bokstut Balie Swart, op skrumwerk toespits.

Joey Mongalo, wat die Leeus se o.19-span verlede jaar tot provinsiale kampioen gebrei het, is die span se nuwe verdedigingsafrigter. Hy was in 2015 die hulpafrigter van die SA span by die toernooi om die Junior Wêreldbeker.

Die res van die afrigting- en steunspan is JP Ferreira (aanval), Ivan van Rooyen (kondisionering), Rob Collins (spandokter), Preven Appalsamy (fisioterapeut), Jannie Klingbiel (biokinetikus), Ram Mpila en Carol Dickson (masseurs), Mustapha Boomgaard (spanbestuurder) en Johane Singwane (hulpbestuurder).

Die span wat Saterdag teen die Sharks speel, is ook aangewys.

Die span –

15. Sylvian Mahuza, 14. Madosh Tambwe, 13. Jacques Nel, 12. Rohan Janse van Rensburg, 11. Anthony Volmink, 10. Jaco van der Walt, 9. Dillon Smit, 8. Ryan Kankowski (kaptein), 7. Fabian Booysen, 6. Cyle Brink, 5. Marvin Orie, 4. Robert Kruger, 3. Johannes Jonker, 2. Robbie Coetee, 1. Corné Fourie. Bank: 16. Michael Willemse, 17. Sti Sithole, 18. Bobby de Wee, 19. Hacjivah Dayimani, 20. Marco Janse van Vuuren, 21. Siya Masuku, 22. Aphiwe Dyantyi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cobus ·

Jammer die Bulle het hom deur hulle vingers laat glip, spyt sal weereens te laat wees

Michael ·

Dis nie al wat die bulle deur hulle vingers laat glip nie meeste van die tyd die bal ook

Koos1 ·

Weer ‘n oud Bul wat gaan afrig by die Leeus. Dis spreek boekdele oor die erns van die afrigting van die Bulle!

Hein ·

Groot vout wat hulle nou maak met Mattfield aan die beste span se stuur !!

Andre ·

Victor het gisteraand op Radio Pretoria gesê hy sal sy “opsies oorweeg” teen die einde van die jaar. Hopelik gaan hy dan terug Loftus toe.
Ek kan nie sien hoe hy by die Leeus se kultuur gaan inpas nie.

Darius Els ·

Eind van sukses vir Leeus.Bloue wat meer gelukkig was as wat hy goed gespeel het.
Van verre Ntvl na Griekwas en toe die bulle!
Shame,en vergeet ok vir flou bokke gespeel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.