Bok in ’n ongewenste hok

Geen deurkomkans vir Damian de Allende nie. Foto: Twitter.

In die begin was daar ’n Springbok-droom om die 100ste toets teen die All Blacks te wen. Dit beloof immers om ’n epiese stryd te wees: Die meesters van verdediging teen die aanvallende kavaliers.

Om as die beste ter wêreld bestempel te word; moet jy met die beste kan klaarspeel. En almal beskou die All Blacks steeds as wêreldrugby se goue span, selfs al is die Webb Ellis-trofee nie in hul besit nie.

Die Bokke het op ’n momentumgolf danksy die reeksoorwinning teen die Britse en Ierse Leeus gery; die beste van Ierland, Engeland, Skotland en Wallis kon die Suid-Afrikaners nie eens onderkry nie.

Bring die All Blacks, man!

Maar die droom het ná twee wedstryde teen die Wallabies – ’n span wat op ’n stadium sewende op die wêreldranglys was – in ’n nagmerrie ontaard.

Volgens Jacques Nienaber (afrigter) was gister se vernedering van 30 – 17 in Brisbane die swakste vertoning deur ’n Springbokspan sedert die moeilike dae van 2018, toe hulle teen die Argentyne in Mendoza vasgeval het.

“Ons is in elke faset van die spel ore aangesit,” het Nienaber gesê.

Oordonder is dalk ’n beter woordkeuse. Die Bokke se rolmaalbewegings was geneutraliseer en hulle het vier drieë in die toets afgestaan – ’n verskynsel wat ook laas in 2018 gesien is.

“Ons het doodeenvoudig te veel foute gemaak en ons beter baie vinnig vasstel waar ons die spoor byster geraak het. Dinge word beslis nie makliker in die komende weke nie.”

Volgens Nienaber het die Springbok-verdediging gister spelers misgetêkkel wat hulle normaal plat sou geduik het.

“As elke speler in die span met net een duikslag mistas, eindig jy met 23 verbroude têkkels in die wedstryd en dit het [gister] met tye inderdaad so gevoel.”

“Ons het dinge uiters swak op die veld uitgevoer en dit het ook weer vir punte teen ons gesorg. Ja, ons het geleenthede geskep, maar al die foute het dit onmiddellik weer onklaar gemaak.”

Die Rugbykampioenskap-titel is waarskynlik reeds daarmee heen, maar as die Bokke nie vinnig dinge regruk nie is die kanse baie goed dat hulle elke wedstryd in Australië sal verloor.

En dit is ’n reusenagmerrie vir ’n verdedigende wêreldkampioenspan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jou gewete ·

ou slimmetjie, gee hom n medalje. hys n intelektueel. ek wag dat All Blacks hulle kry, gaan n slagting wees

pieter ·

Jammer , die bokke is glad nie op standaard nie , die tipe spel wat hulle speel is eentonig/boring.
Dàar wag n groot pak slae op die bokke teen nz ,
Die verloor teen Australia regverdig beter afrigting/afrigters , dis tog waar die planne begin , kies dan die regte spelers , wragtig dàar is kwaliteit manne wat wag om gekies the word.

Pieter ·

Onthpu, rugby is nie meer n sport in SA nie, onthou ons het nog die politieke kant va ndie game ook genaamd kwota spelers. Rugby sal nooit weer dieselfde in SA wees as politiek die game beheer nie

piet ·

Ek lees die AB-ondersteuners reken hulle gaan die Bokke van hul voete af hardloop. Hulle se die Bokke lyk moeg en onfiks. Weet nie of ek met hulle kan stry nie.

annie ·

Nie nabyer aan beter vooruitsigte vir die jare vorentoe met hierdie soort poef-paf-spel van die plestiek-bokke nie. Die volgende fout gaan wees om nuwerster spelers in te prop vir nuwer smaak en politieke punte. Groot mistake. Bokke het sout nodig maar nie in hul wonde nie…

Dirk Mostert ·

Sien die positiewe kant. Gun die Wallabies ‘n oorwinning. Die arme goed het al vergeet wat dit is. Wat was Aser (Genesis) se boetie se naam nou weer?

Kirst ·

Die Bulle het ‘n beter kans teen die AB’s as die Bokke, en dis vanwee afrigting en wedstrydplan (of gebrek daaraan), nie vanwee swak spelers nie. Kyk maar hoe het die Bulle met die bal gehardloop die jaar en hoe die Bokke dit meestal nie doen nie en nie regkry as hulle probeer nie. Hulle voormalige rotsvaste verdediging is ook daarmee heen.

Niklaas ·

Ek wil die volgende twee Bok wedstryde (teen die All Blacks) liewers nie op TV kyk nie. As Aus so swaar gekry het teen die AB’s en ons Bokke daarna 2 keer klop, selfs oordonder soos laas Saterdag, dink net wat gaan AB’s met ons aanvang. Dink aan die film “The charge of the light brigade”

SjN ·

verander die game plan, laat Faf en Willie elke bal bietjie hoer skop, miskien werk dit!!!

Kokkie ·

Die toestand waarin ons Bokke en SA -rugby hom tans bevind, moet voor Rassie Erasmus se deur gelê word. Punt.

MakersMark ·

Definetief, veral dat die bokke huidige drie nasies kampioene is, wêreldkampioene is en reekswenners teen die B&I Leeus is. Stem saam twee wedstryde teen die Aussies was power maar die bokke het darem wragtig opgestaan na die gemors met HM en praat nie van die gesukkel onder toetie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.