Bok, Japanner in Cheetahsgroep teen Blou Bulle

cheetahsxv`n Springbok en `n Japan-o.20-speler is ingesluit in die Cheetahs-vyftiental wat Saterdag teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld speel.

Die span verskil grootliks van die een wat Namibië se Welwitschias `n week gelede in Bloemfontein geklop het.

Tiaan Liebenberg, wat in 2012 in vyf toetse vir die Bokke gehaak het, vervang Elandré Huggett op die bank; en die stut Josoeke Takahasi, wat vir Japan se o.20-span gespeel het, vervang Luan de Bruin in die opdrafspan.

In nog `n verandering in die voorry vervang Ox Nche, wat verlede week nog Superrugby gespeel het, BG Uys op loskopstut. Uys skuif bank toe in die plek van Danie Mienie wat Superrugby toe bevorder is.

Tienie Burger skuif van agsteman af flank toe in die plek van Oupa Mohoje wat eweneens tot die Superrugbygroep bevorder is. Jasper Wiese is die nuwe agsteman.

JP Smith word van die bank af in die opdrafspan bevorder om Ruan van Rensburg as skrumskakel te vervang. Renier Botha neem Smith se plek op die bank in.

Pieter-Steyn de Wet is die nuwe losskakel in Darren Baron se plek. Barron skuif bank toe in die plek van Lorenzo Gordon, wat Kholo Ramashala op regtervleuel vervang.

Tertius Kruger skuif van buitesenter af binnetoe in die plek van Michael van der Spuy. Carl-Jan Joubert is die nuwe buitesenter.

Die wedstryd begin 14:30.

Die span –

15. Reinardt Erwee, 14. Lorenzo Gordon, 13. Carl-Jan Coetzee, 12. Tertius Kruger, 11. Maphuta Dolo, 10. Pieter-Steyn de Wet, 9. JP Smith, 8. Jasper Wiese, 7. Tienie Burger, 6. Ntokozo Vidima, 5. Reniel Hugo (kaptein), 4. Armandt Koster, 3. Josoeke Takahasi, 2. Joseph Dweba, 1. Ox Nche. Bank: 16. Tiaan Liebenberg, 17. BG Uys, 18. Gunther Janse van Vuuren, 19. Justin Basson, 20. Refuoe Rampeta, 21. Renier Botha, 22. Darren Baron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.