Bokbestuur se logika maak nie sin nie

Raymond Rhule – weggelaat en weer herroep (Foto fscheetahs.co.za)

Die Springbokkamp, en veral die bestuur se dinge, bly ʼn raaiselagtige warboel.

Kom ons begin by Sondag se twiet van hulpafrigter Brendan Venter: If winning is all you see. Stop watching. Boys deserve respect not criticism.

Venter, ʼn Wêreldbekerwenner (1995), weet tog seker dat wen vir enige Suid-Afrikaner, en nog meer so vir rugbyondersteuners, ononderhandelbaar is.

Kritiek is deel van die spel en die lewe. En as jy ʼn wedstryd soos Saterdag wegsmyt, is kritiek sekerlik geregverdig.

Ons aanvaar die manne het Saterdag alles teen die Wallabies gegee. Die ondersteuners glo egter dit alleen is nie goed genoeg nie en was nog nooit en sal ook nooit goed genoeg wees as ʼn Springbokspan verloor nie.

Moet ons nog meer ondersteuners van ons velde verjaag omdat verloor nie vir ons goed genoeg is nie?

En Saterdagaand het Venter, soos hoofafrigter Allister Coetzee by ʼn mediakonferensie, laat blyk dit gaan nie om resultate nie. Effort and attitude is everything. Follow the process.Performance driven not results.

Dit sluit aan by sy twiet ná die Slagting van Albany: “Nothing wrong with the Boks’ effort”.

Hoekom is afrigters, soos onder meer Heyneke Meyer, dan gepos? En nou Nollis Marais? En Kitch Christie ná hy die Wêreldbeker in 1995 gewen het, maar nie resultate na Louis Luyt se smaak met die (destydse Gauteng) Leeus kon behaal nie? Was daar by hierdie afrigters se spanne nie genoeg “effort”nie?

Dit gaan om wen, dís hoekom.

Genoeg daarvan.

♦  Nou die herroep van vier spelers na die Bokgroep.

My eie siening is dat Courtnall Skosan Saterdag teen die Wallabies stellig sy beste toets nóg gespeel het; en Dillyn Leyds het gewerk, aangesluit en goed aangeval en verdedig.

Dan die realiteit: Raymond Rhule is weer na die Bokgroep in Kaapstad genooi ná ʼn skaflike, maar nie uitstaande wedstryd vir die Cheetahs teen die Ospreys nie. En so ook S’bu Nkosi, ʼn jong vleuel wat nog een van ons bestes kan word.

Vraag: Was Makazole Mapimpi nie die uitstaande vleuel in albei spanne Vrydagaand in Bloemfontein nie?

Nog  vleuel-vrae: is vier vleuels nodig? Of is een beseer en ons is dit nie meegedeel nie? Of word daar aan Leyds as heelagter gedink? Tog seker nie?

En hoekom is Nkosi verlede week nadergetrek en toe ná minder as twee dae by die Bokke terug Durban toe gestuur? Hy kon mos nie in daardie tyd “Springbokkultuur” aangeleer het nie? Gaan hy nou weer net ʼn dag bly of word hy hierdie keer langer gegun om hom by die Bokkultuur in te leef?

Met die terugkeer van Dan du Preez is seker nie fout te vind nie. Die besering van die agsteman Uzair Cassiem beteken Dan se tweelingbroer, Jean-Luc, sal seker in die beginspan wees. Daar moet tog, in geval van ʼn laat besering, nog ʼn losvoorspeler beskikbaar wees.

En die vaskop Wilco Louw is seker nader geroep oor die tegniese vaardighede van Ruan Dreyer wat hom gereeld ʼn strafskop laat afstaan.

Maar kan Matthew Proudfoot, die Bokke se skrumdokter, nie vir Dreyer regdokter nie? Hy is immers van Juniemaand af al by die Bokke.

Indien Proudfoot dit in drie maande nie kon regkry nie, hoekom is Dreyer nie al lankal teruggestuur huis toe nie? Sy probleem kom tog van ver af…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

DR ·

Wenkultuur word al van skoolvlak af by ons in geboender,,, née wat Brendon probeer iets anders as verskoning, ek val nie vi die een nie. Krake te groot in SA rugby en dit op alle vlakke,

Rianto ·

BV moet liewer minder tweet en meer fokus op sy werk.. as jy sulke opmerkings maak dan voel jy seker die hitte.. sou n Afrigter nie eerder vir Rhule in kans wou gee teen Oz as teen NZ..
Ek kan seker maar kyk en opmerkings maak.. en BV ook..goedkoper as wat die boktruie op die oomblik is kan niemand se opmerkings dit goedkoper maak nie..

Callie ·

Wat aangaan is verstommend. Brendan se stellings is totaal verregaande. Sit daarby AC se storie van publiek wat in n droomwereld leef as hulle dink bokke kan AB klop. Dit is snert van die hoogste graad. Om afrigters sulke……snert te hoor praat grens aan die absurde. Op daai vlak as jou span met enige ander idee as wen op die veld draf moet jy verdwyn van die toneel af. LIEWE HEMEL, asof kwotas nie genoeg is nie moet ons na dit luister. Net nog een ding, op Superugby, Victor jy en jou paneel, diplomasie is vir ruggraatlose mense wat te slap..rug is om die waarheid te praat. Stop al bogenoemde nonsens. SA se rugby toekoms hang hiervan af.

willie ·

Ons weet mos almal alles is nie pluis nie! Ons weet ook mos almal wat is die wortel van die kwaad! Die ou ou afgesaagde opmerking deur al ons objektiewe, denkende rugby ondersteuners is begin op meriete! Van bo tot onder!

Ben ·

Sadly they have lost the plot…. completely….in the real corporate world all of them would have been dismissed….long ago

Frans C ·

‘n Mens hoef seker nie ‘n hoender te wees om te weet dat ‘n eier vrot is nie.Kyk na ons senterpaar se spel.Kriel breek en vorder goed,maar hy klou die bal onder sy arm vas,kan dus nie uitgee nie en gaan dood met die bal in die laagvat.Ons ander senter druk ‘n drie maar dra bal onder verkeerde arm en kon die bal in die duikslag verloor het.Dit is die verskil tussen die All Blacks en Bokke,Bokke gaan gereeld dood met die bal,All Blacks hou dit ‘lewend’ en druk met goeie ondersteunende spel talle drieë.

Behoort Venter nie eerder aandag aan die basiese goed te gee,pleks daarvan om Springbokondersteuners aan te vat?

wesley ·

Alhoewel dit onverwags van n afrigter behoort te wees om op sosiale media betrokke te raak met die publiek, glo ek Brendan is reg, daar is niks fout met die seuns se “effort” nie. Sodoende, wie moet dan op sy swaard val vir die swak vertonings? Of is niemand nou weer verantwoordelik vir die onsekerheid wat die san hul nou vind nie?

Die afrigters is alleenlik te blaam vir die probleme waarmee hulself nou vind. Vergeet van die politici en administrateurs, alhoewel hul net soveel n hand in die ellende altyd het, hul sal altyd daar wees. Maar as mens kyk na die heen en weer met spelers in en uit die groep soos Nkosi en Rhule en Louw ens., asook die kommentaar uit afrigters se monde by perskonferensies en in die media, is daar blyklik n onsekerheid oor die kamp. Geen speler kan daarin slaag om sy beste te wees as hul soos amateurs aangaan as hoofde van die spelpatroon en spankeuses nie. Bly liewer van sosiale media af Brendan, en steek liewer jou kop in jou werk in en soek vir n oplossing, nie n verskoning nie…

Nico K ·

Om te wil wen is normaal, maar die ondersteuners moet bietjie relisties wees. Ons kan nie elke keer die afrigter afdank as ons teen die All Blacks verloor nie. Ons het sedert 1992 slegs 25% van alle wedstryde teen hulle gewen. Dit is die norm en dit moet die ondersteuners maar aanvaar! Gaan Italië elke keer hul afrigter afdank as hulle teen die All Blacks verloor? En ons wenpersentasie teen Australië is 50%. Presies wat ons hierdie jaar gedoen het. Die afrigtingspan is dus niks slegter as die ander afrigters die afgelope 30 jaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.