Die Springbokflank Oupa Mohoje, wat Saterdag weer een van die beter Bokvoorspelers was maar nie so goed was soos in die eerste toets nie, het ʼn amptelike ‘uitwysingswaarskuwing’ gekry vir ʼn gevaarlike hoogvat.
Wéér was Mohoje se verdedigingswerk opvallend en hy het ook ʼn paar keer die bal sterk gedra. Dit verstom egter waarom hy net ʼn enkele keer agter in die lynstaan gebruik is, wat die beste aanvalsmoontlikhede vanaf dié faset bied.
Mohoje se verdediging het egter een of twee ander hoogvatte ingesluit wat deur die uitwysingskommissaris oorgesien is, en is net vir die een in die 49ste minute gewaarsku.
Dit was volgens die Sanzaar-beampte nie ʼn rooi kaart-oortreding nie. Mohoje kry nietemin `n geel kaart op sy rekord.
Hou Vrystaat se naam hoog Oupa