Bokflank gewaarsku vir gevaarlike hoogvat

Oupa Mohoje - uitwysingswaarskuwing (Foto GB Jordaan)

Oupa Mohoje – uitwysingswaarskuwing (Foto GB Jordaan)

Die Springbokflank Oupa Mohoje, wat Saterdag weer een van die beter Bokvoorspelers was maar nie so goed was soos in die eerste toets nie, het ʼn amptelike ‘uitwysingswaarskuwing’ gekry vir ʼn gevaarlike hoogvat.

Wéér was Mohoje se verdedigingswerk opvallend en hy het ook ʼn paar keer die bal sterk gedra. Dit verstom egter waarom hy net ʼn enkele keer agter in die lynstaan gebruik is, wat die beste aanvalsmoontlikhede vanaf dié faset bied.

Mohoje se verdediging het egter een of twee ander hoogvatte ingesluit wat deur die uitwysingskommissaris oorgesien is, en is net vir die een in die 49ste minute gewaarsku.

Dit was volgens die Sanzaar-beampte nie ʼn rooi kaart-oortreding nie. Mohoje kry nietemin `n geel kaart op sy rekord.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.