Bokgroep: Rassie kies nege Lions saam met drie nuwelinge

Rassie Erasmus het drie spelers sonder toetservaring in sy Springbokgroep van 35 vir die Rugbykampioenskap ingesluit en ook drie van die uitblinker-Bokke van die afgelope jaar of so wat van hul beserings herstel het.

Die nuwelinge wat deur die Springbokafrigter gekies is, is die jong losskakel van die Stormers, Damian Willemse, en die twee flanke Cyle Brink (Lions) en Marco van Staden (Bulls).

Die manne wat weer by hul spanmaats is, is twee wat verlede jaar die Springbokke aangevoer het, Warren Whiteley en Eben Etzebeth en die Lions se haker Malcolm Marx wat ook verlede jaar laas toetsrugby gespeel het.

Erasmus het nog twee Lions wat weens beserings nie vir die Junietoetse oorweeg kon word nie, Lionel Mapoe en Ross Cronje, by die groep ingesluit. Cronje is een van vier skrumskakels in die groep. Die ander is Embrose Papier, Ivan van Zyl en Faf de Klerk.

Daar is nege Lions in die groep: die voorspelers Whiteley, Marx, Franco Mostert, Cyle Brink, Marvin Orie en die agterspelers Mapoe, Cronjé, Aphiwe Dyantyi en Elton Jantjies.

Die Lions-spelers kon nie verlede en voorverlede week aan die oefenkamp op Stellenbosch deelneem nie omdat hulle vir die Superrugby-eindstryd voorberei het.

Erasmus het ook vir Francois Louw van Bath in die groep ingesluit. Hy het voorverlede jaar in die Juniereeks teen Ierland en daarna ook in die Rugbykampioenskap vir die Springbokke gespeel.

Louw was een van die Bokke se uitblinkers in dié reeks en sal hopelik ewe invloedryk met sy ervaring op en van die veld wees as Duane Vermeulen, wat moontlik dié beste Springbok teen Engeland was.

Die ander oorsese spelers is Faf de Klerk en Willie le Roux. Vermeulen speel in Japan en is nie beskikbaar nie.

Nog ʼn amper vergete Springbok wat weer deel van die Bokgroep is, is die heelagter/vleuel Lwazi Mvovo, wat reeds meer as 130 Superwedstryde vir die Sharks en 27 toetse agter die rug het. Hy sal ideale dekking verskaf vir die beseerde vleuel S’Bu Nkosi en die heelagter (en ook vleuel) Warrick Gelant.

Spelers wat weens beserings nie oorweeg is nie, is Damian de Allende (Stormers), Lood de Jager, Trevor Nyakane (Bulls) en Coenie Oosthuizen en S’bu Nkosi (Sharks). Brink en Jean-Luc du Preez se insluiting is onderworpe aan mediese ondersoeke.

Die groep sal dié week in Kaapstad voorberei en dan na Durban vertrek waar die eerste toets in die Rugbykampioenskap aanstaande Saterdag (18 Augustus) teen die Poemas gespeel word. Die tweede toets is die week daarna, ook teen Argentinië, in Mendoza.

Springbokgroep ‒

Voorspelers (20)
Cyle Brink, Jean-Luc du Preez, Thomas du Toit, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Steven Kitshoff, Siya Kolisi (kaptein), Francois Louw, Wilco Louw, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Franco Mostert, Beast Mtawarira, Sikhumbuzo Notshe, Marvin Orie, RG Snyman, Akker van der Merwe, Marco van Staden, Warren Whiteley.

Agterspelers (15)
Lukhanyo Am, Ross Cronjé, Faf de Klerk, Aphiwe Dyantyi, André Esterhuizen, Elton Jantjies, Jesse Kriel, Willie le Roux, Makazole Mapimpi, Lionel Mapoe, Lwazi Mvovo, Embrose Papier, Handré Pollard, Ivan van Zyl, Damian Willemse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Callie ·

Net soos met die Lions sal ek verskoning vra oor my siening van kwotas as die span tweede eindig in die reeks. Australie en veral NZ gaan die span maklik wen daar en hier. Sal darem seker Argentinie kan wen. Die klug raak al groter. Die maklikste om te bewys is wag tot sekere spelers seerkry. Hy sal nie vervang word met n ou in die groep nie, hy sal van buite vervang word. Glo my, selfs Rassie weet daar is ten minste 8 totale kwotas in daai groep

Wurmpie ·

Wat maak daai Lions LOS skakel daar. Hy kon nie eers Saterdag iets doen nie

Boerseun ·

grond word gevat en kwotas word toegepas. Kan die twee gesig new Zealanders reel vir n bietjie meel?

Henk ·

Wat moet jantjies en malherbe nog doen om te bewys hulle hoort nie in die bokspan nie?

LHS ·

WAAR IS RUAN COMBRINCK, WAAR IS DIE LEEUS SE STUTTE? NEE WAT ERASMUS, JULLE WIL VERLOOR.

Wesley ·

En daar is Frans Malherbe, wit soos tien, niks gedoen om sy plek te verdien nie. En daar waai van Rooyen, een van SA se beste, om vir Bath te speel, met Dreyer lankal sy pad gevat want hul sien maar hoe SA rugby en die publiek jou hanteer as jy net een of twee swak wedstryde het. Dis maar lekker maatjie maatjie, veral as jy in blou en wit strepe speel. Ek sal ook nie hier in SA wil rondsloer met die klomp van ons nie.

Lol ·

Met alle respek Dreyer gee nou al seisoene lank strafskoppe weg op eie ingooi in skrums. Weereens Saterdag.

What a joke! ·

Stem met jou daar Wesley…
Gaan vra jou marionet liberale broeder Rassie wat hy Malherbe daar maak, ek meen ek verstaan hoekom Jantjies daar is hy is mos n kwota.Het jy gesien hoe hy Jantjies die All Blacks maar nogmaals weer op eie houtjie momentum en n voorsprong gee???

..Jy sien jul ouens daar wil kwotas en nog meer kwotas af forseer en jul besluite neuk nie net Suid Afrikaanse rugby op nie maar jul maak rugby ok goedkoop…. Geen wonder die rugby wereld verloor belangstelling in rugby nie..Se my hoe kan jy kompeterend wees met n span verswak met kwotas??? Se my waar is Combrink heidig in vorm en sekerlik tog een van die beste spelers wat tans op verdienste meriete in die Bontebok span moet wees,waar is hy ?Ek dink jy weet net so goed soos ek hoekom hy nie daar is nie! Daar moet proewe gehou word, die beste in vorm spelers ongeag kleur en daai moet dan in die span wees…tot dan voeter maar voort met jul kwotas en wees maar teverede met jul ou middelmatige spannetjie want middelmatig is al wat jul aan gewoond is oor jul standaarde al so afgewater is dat jul nie meer van beter weet nie..
Sit terug en laat die res soos die All Blacks gekies op meriete jul maar elke liewe keer n rugby les leer…haha.

Wesley ·

Joke… Ek sal liewer vra waarom spelers gekies word wat lank nie meer tot vir hul franchise impak maak nie. Elton is n “enigma”, soos hul se, in dat hy warm en koud blaas, en op huidige vorm sal ek hom self nie kies nie, het lankal n rus nodig of om vorm te vind by n laer vlak. Maar Malherbe het nie eers impak meer by die Stormers nie. Het hy ooit vir sy laer vlakke spanne gaan speel om sy vorm weer terug te kry na sy besering en bewys hy kan nog? Vir seisoene glad nie meer n ding gedoen nie. Selfs ook Notshe, maar dankie tog Brink is finaal raak gesien en ingesluit. Voel meer na n streeptrui mafia wat septer swaai. Speel vir hul, en jy sal opgehemel word vir een goeie beweging. MAAR hemel help jou as jy jouself in n rooi en wit trui bevind, want sodra jy een uitplek beweging maak, ala Kwagga, ala Dreyer, ala Coetzee, sal jy op die altar geoffer word vir jou dade.

bollie ·

Jantjies, Mapoe, Cronje en Whiteley. Nie Springbok gehalte nie.

Anoniem ·

@ Bollie, nou wie is volgens jou Springbok gehalte? Wie sal jy dan graag in die Bokspan wou sien.?

Pieter ·

Rassie se uitlating op Sport24 dat Jantjies die Leeus gelei het na 3 super rugby finale is absoluut absurd. Laas toe ek gekyk het was daar 15 spelers in die span.
En so duur die sirkus van SA Rugby voort. Ek sal nie meer kyk nie. Rassie is ook maar weer eens net ‘n puppet van die transformasie base.

What a joke! ·

Rassie is n marionet paycheck trekker …Hy is nie veel bekommerd nie want hy weet wat sy vereistes is en vir geld sal hy sy siel verkoop..kwotas en nogmaals kwotas….so wen of verloor vir hom is nie n saak nie….hy soek net sy paycheck en solank hy sy base met kwotas tevrede hou gaan hy nog vir n geruime tyd n VET paycheck huis toe vat….

kobus ·

ja What n joke, jy is 500% reg indien daar DALk proewe gehou word SaL 13 van die spelers nie plek kry. Nag ou grote.

Frans C ·

Die Lions mag dalk die beste gevaar het binne ‘n gevestigde spelpatroon,maar is mi geneig om uit die bus te val onder ander afrigters en is dit opmerklik dat ‘n speler soos Jantjies glad nie by die WP die mas kon opkom nie.
Dit is jammer maar persoonlik glo ek dat die Lions weer van vooraf sal moet span bou,want spelers wat die kern gevorm het, verlaat nou die Unie.Moster,Dreyer,van Rooyen,Kriel,Janse van Rensburg.Voeg dit by die wat reeds weg is soos de Klerk en Ackerman en probleme is die Unie se voorland..Wat van Andries Ferreira geword?Is hy beseer?
Solank Unies bly koop en afrokkel en spelers die land verlaat en daar nie ‘n nuwe bedeling kom nie,gaan Suid Afrika nie weer ‘n krag in wêreldrugby wees nie en is die kanse groot dat selfs Australie die Bokke gaan klop in die kampioenskapreeks.

Die manier waarop die Waratahs die Leeus se verdediging oopgevlek het,voorspel niks goed vir die Bokke nie want ‘n beter Wallabiepak as die van die Waratahs,wag op hulle,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.