Bokke darem weer bo Wallabies op ranglys

Die Springbokke is nog nie waar hul ondersteuners hulle op Wêreldrugby se ranglys wil sien nie, maar die pil is darem in ‘n mate versoet met ‘n skuif verby die Wallabies.

Saterdag se wedstryde in die Rugbykampioenskap het daartoe gelei dat die Bokke nou vierde is, en die Wallabies vyfde.

Die Suid-Afrikaanse ondersteuners sal hulle veral daarin verkneukel in die lig van die Australiese Spelersvereniging (Rupa) se eis dat Suid-Afrika uit Superrugby gegooi moet word.

Die ranglysplek gee nuwe betekenis aan die komende kragmetings tussen die twee spanne in die kampioenskap, en is des te meer rede waarom die Bokke – rooi truie of nie – nie teen die Poemas in Salta mag gly nie.

Die top-tien sien só daaruit –

1. Nieu-Seeland (95,21)
2. Engeland (90,14)
3. Ierland (85,39)
4. Suid-Afrika (84,51)
5. Australië (84,21)
6. Skotland (82,47)
7. Wallis (81,73)ê
8. Frankryk (79.63)
9. Fidji (79,48)
10. Argentinië (79,15)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

danie ·

Beteken bollie voor ons nie Argentinie in Argentinie en Australie in Aus klop nie. Ek is positief maar ek dink nie dit gaan so maklik wees nie.

Veritas ·

Ek stem saam Danie. Tuiswedstryde is nou maar eenmaal baie makliker as wegwedstrye. Teen die Franse het dit goed gelyk en die wedstryd teen Argentinië was ook nie sleg nie maar ons moet nie tuisveldvoordeel buite rekening laat nie. Saterdag is die skoen aan die ander voet en dan sal ons ‘n beter idee hê van die vermoë van die Springbokke. Ek is maar taamlik benoud.

Pieter ·

Ons speel wel weer beter maar ek is nie mal oor ons span nie.

Ek voel dis 2017 en ons span is dan amper meer as half wit. Waar is transformasie?
Ek weet die mense gaan my haat maar al ons cc spanne kan mens duidelik sien kies net n paar kwotas.

Ons gaan nooit as n land groei of ons rugby gaan net meer agter raak as ons spanne nie meer verteenwoordig is van ons volk nie

Lukie Carelsen ·

Terwyl die bokke nie op meriete gekies word nie sal ons nooit bo uitkom nie. Wat de h** maak Rudy Paige in die span terwyl Faf de Klerk, Piet van Zyl ens ens totaal en al in ‘n ander liga is as Paige. Paige en ander kwota spelers maak ons naam gat! Almal weet dit maar hou hulle bekke! Kan iemand my se hoekom is Combrinck, Janse van Rensburg, Kwagga ens ens nie in die span nie? Allistair Coetzee is net gepla oor sy salaris en om sy base happy te hou met kwotas ten koste van prestasie. Hy en SARU is die oorsaak dat ons rugby in so gemors is. Ai, sou dit nie wonderlik gewees het as ons afrigters soos Nick Mallet of Johan Ackerman gehad het om die bokke af te rig i.p.v. ‘n politieke pion soos Coetzee nie?

Pieter ·

Kom ons kyk gou of Allister n politieke pion is…….

Hy was hulp afrigter toe die bokke die wereld beker gewen het en toe is hy 3 of 4 jaar afrigter van die CC (waar ek dink wp in 3 finale gespeel het en 2 gewen het.)

Soms kyk mense vas in sy vel kleur en besluit hy is daar oor politiek , hy was die enigste kanidaat op daai stadium gewees ………wit heyneke het teen arg,wallis en japan verloor ………was dit toe n swak afrigter of politiek?

Politiek meng def in maar dis nie altyd die rede nie kerels. Allister is nie goed genoeg op die vlak nie oor sy span keuse nie kwotas nie . Mens kon combrink kies en mapu op senter dan was daar geen problem nie. Damien kry kans na kans en speel nou al 2 jaar sub standaard rugby.

Allister is n swak afrigter maar hy is daar oor hy die logiese volgende keuse was nie oor sy vel kleur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.