Bokke deur na finaal!

Handre Pollard skop pale toe. (Foto: Mark Baker)

Die gewese Springbok-afrigter, Jake White, het vooraf gesê vandag se Wallis-stryd sou die Bokke se grootste vuurdoop in hierdie Wêreldbeker-rugbytoernooi wees. En ménsig, dit was toe inderdaad ’n klipharde storie in Yokohama.

Bokondersteuners moes tot die 75ste minuut van die halfeindstryd gewag het om effens gemakliker in hul stoele terug te leun, maar die Springbokke speel volgende naweek teen Engeland in hul derde Wêreldbeker-eindstryd!

Siya Kolisi se Bokspan het die Rooi Drake in ’n morsige affêre met 19–16 gewen om ’n watertand-herontmoeting van die 2007-Wêreldbeker-eindstryd teen die Engelse Rose te bewerkstellig.

Die eerste helfte is gekenmerk deur die skoppe – snaaks genoeg het Faf de Klerk nie onmiddellik geskop toe hy die bal gekry het nie; hy het éérs ’n entjie gehardloop en tóé geskop – en vuurvreterwerk deur die Bokke se klipharde voorspelers.

Handré Pollard en Dan Biggar het strafskoppe so heen en weer uitgedeel en teen rustyd was die telling 9–6 in die Suid-Afrikaners se guns (dieselfde rustydtelling as teen die All Blacks in die 1995-Wêreldbeker-finaal).

In die tweede helfte het doellose skoppe voortgegaan, totdat Malcolm Marx en Damian de Allende besluit het hulle gaan met die bal hardloop, en siedaar: Die Bokke druk die wedstryd se eerste drie nadat De Allende net doodeenvoudig besluit het hy gaan nie platgetrek word nie.

Wallis se Dan Biggar trek Suid-Afrika se S’Busiso Nkosi plat.(Foto: Mark Baker, AP)

Wallis het egter onmiddellik met ’n drie van sy eie geantwoord, nadat Alun Wyn Jones soos ’n wafferse entrepreneur in ’n oorversadigde sakemark buite die boksie gedink het, en op ’n skrum digby die Bokke se doellyn besluit het.

Die Bok-voorspelers het in daardie stadium die skrums oorheers en die Walliese kaptein se skrumkeuse het ’n paar wenkbroue laat lig.

Maar ondanks ’n sterk Bokskrum het Wallis met die bal weggebreek en Josh Adams het sy sesde drie van die toernooi gedruk nadat hy die Bokverdediging onkant betrap het.

Tog gee die Suid-Afrikaners onder Rassie Erasmus nie sommer tou op nie en Pollard het in die 75ste minuut sy  vierde strafskop van die aand suksesvol deur die pale jaag.

Daarna het die senuwees lekker geknaag, maar die Bokke het hul staal gewys om vir Wallis weer eens in ’n Wêreldbeker-stryd te troef.

Wallis wen ‘n lynstaan. (Foto: Mark Baker, AP)

As jy nie goeie rugby speel nie, en jy wen stééds; dán is die momentum beslis aan jou kant. En buitendien, Engeland het mos reeds sy gô teen die All Blacks uitgespeel.

’n Lelike wen was vandag báie beter as ’n mooi verloor.

  • Die eindstryd is op 2 November om 11:00.
  • Puntemakers:

Suid-Afrika: Drie: Damian de Allende. Doelskop: Handré Pollard. Strafskoppe: Pollard (4).

Wallis: Drie: Josh Adams. Doelskop: Leigh Halfpenny. Strafskoppe: Dan Biggar (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Frank ·

Klink of Graces (of wat ookal) goed geblaas het (in vergelyking teen die AB’s)? So, hy KAN as hy wil?

G. de Villiers ·

Sò lelik was dit nou ook nie. ‘n Wen is ‘n wen is ‘n wen!!!

Vonnie ·

Morsige affêre kan dit nie beter beskryf nie. As ons so gaan speel teen die Ingelse gaan ons sleg tweede kom.

Johnny ·

Goeie ding Rassie het die laaste 15 minute al die boere op gebring. Die bokke het maar gesukkel sonder hulle, en die wedstryd was in die weegskaal.
Maar teen Engeland sal hy hulle defintief vroer moet opbring. Eddie Jones ken al ons swakhede. Om die waarheid te se, enigeen kan dit ‘n myl ver sien.
Kom ons hoop Rassie het reeds sy “game plan” vir volgende week in sy agterkom. Dit sal iets heeltemal nuut moet wees.

Koisan x ·

Ek voel jammer vir jou!! Geniet net die wen. Vergeet van kleur!

Ruan ·

Hoekom ras en kleur betrek. Dis deur jou dat almal dink die wit is rasisties. ELKE speler het mooi gespeel ongeag van kleur. ELKEEN het sy deel gedoen.

Eugene ·

Dit is goed dat Rassie die boere opgebring het.Indien nie kon hy op die wedstryd uitgemis het.

Buffel ·

Wen is ‘n wen. Go bokke. Snaaks toe Duane oorneem as kaptein op 65 min toe is die bokke in beheer?

Frank ·

In watter ander span word die kaptein nie toegelaat om 80min te speel nie… en dit terwyl daar ‘n krisis is

Onderkaptein ·

Ek dink Duane is in elk geval die kaptein agter die skerms. Kolisi is net daar vir politieke redes.

Swartwolf ·

Half day work full day pay. Gaan maar in die werksplek ook. Alles ten goede van transformasie.

Bossie ·

Stem saam dat ‘n wen’ n wen is maar hul het eers in die 65ste minuut lewe gekry en daar was baie onnodige en amateuragtige foute. Indien hul nie daaraan gaan werk nie en “skop” rugby wil speel kan hul die beker op hul maag skryf. Mens se geluk hardloop soms uit. Nietemin wens ek hul alle voorspoed toe.

Danie ·

Wen is ‘n wen maar aarde as ons so teen die rose gaan speel sien ek moeilikheid en wil iemand nie vir faf net sê mens skop nie die bal weg nie hardloop met die ding dis hoekom ons vleuels het en 12 ander spelers ook ons speel nie sokker nie maar rugby

bokkie ·

En die skop-Bokke het heel verrassend nog nie die emmer geskop nie. De Allende wys weereens hoekom hy SA se top senter is. Hopelik is Kolbe reg vir die finaal. Kaptein Kolisi span die seile.

PietS ·

As Rassie dink hy kan die Engelse troef met dieselfde skop taktiek, gaan hy n toets dop. Hy sal die agterlyn meer moet gebruik of die Engelse gaan ons deurmekaar hardloop. As sy taktiek dieselfde gaan bly, kan hy maar net sowel 13 voorspelers vir die span kies met no 9 en 10 as die skoppers.

Stefanie Tredoux-Malian ·

Naruurlik is hulle deur. Het julle dan getwyfel?

Swartwolf ·

Hoe maak Vincent Koch, ‘n vaskopstut, 10 tackles in 33 min sonder om een te mis, en die kaptein 8 tackles in 65 min voor hy rusbankie toe gaan? Toe no 8, wat ook die hele wedstryd gespeel het, die bokke lei vanaf 66 min toe domineer hulle. Leierskap speel ‘n massiewe rol.

Onderkaptein ·

Kom ons hoop ons huidige kaptein doen die eerbare ding en gee die trofee vir Duane om omhoog te hou as ons wen.

Wesley ·

En waars al die mense wat hul afgeskryf het deurlopend in die WB? Seker nou weer uit die houtwerk kruip om die Engelse op te hef. Was nie mooi nie, alhoewel WB eindstyde was nog nooit nie. Wen is n wen en ons sal dit net so vat volgende week. GO BOKKE!

Antoon ·

Go Bokke! Suid – Afrika vs Engeland! Nuwe game morsig gewees of nie ons is daar en dit is al wat saak maak. All Blacks is uit geskakel en ons kompiteer vir die trofee. Go Bokke all the way!

Griet ·

Welgedaan BOKKE, trots op julle! Speel sommer al die doemprofete en negatiewe skeidslynsitters tjoepstil!! BRING DIE BEKER SA TOE

Penellope Jones ·

Die senuwees het maar gelol hier in ons huis!
Volgende week seker veel erger . . . . . . .

Kokkie ·

Sou dit nie nog lekkerder gewees het as die S.A.-rugbyspan deur die regering toegelaat was om die Springbokembleem trots voor op hulle truie te dra nie……….instede daarvan om ‘n ou bokkie op die mou te versteek . Met die springbok op die bors sou hulle mos ware Springbokke gewees het. Selfs die S.A. vrouerugbyspan dra die bokembleem op hulle bors.

JohanL ·

Welgedaan Bokke – wen is ‘n wen al is dit “lelik” Ongelukkig vir sommiges gaan dit in die toernooi oor wenrugby en nie oor wie noodwendig die mooiste rugby speel nie. Dit is die realiteit. Wallis het net soveel as die Bokke geskop indien nie meer nie. Wonder hoekom?

Vir die lojale ondersteuners – geniet vandag, want enige iets kan volgende Saterdag gebeur. Dit is immers hoe ‘n finaal moet wees – twee spanne wat hopelik goed teenmekaar opweeg.

Aan die galstene wat al sedert die begin van doe toernooi die Bokke net slegpraat, jammer vir julle oor vandag. Realisties gesproke kan die Bokke die finaal (ongelukkig) verloor en dan sal julle natuurlik weer in volle swang wees.

Kom ons hoop dat dit ‘n goeie wedstryd sal wees. Weer welgedaan Bokke – julle is in die finaal en die “onoorwonne” All Blacks speel in daai wedstryd wat nie een span in wil speel nie – die sinlose uitspeel vir 3de en 4de plek.

Johan Grobler ·

As ek reg onthou het die All Blacks die Springbokke heel gemaklik kaf gedraf op dieselfde toernooi?

Juandre ·

Ironies dat die span wat die swakste, verveligste rugby speel die verste kom, maar mense gaan net sê ‘n wen is ‘n wen. Ons het ‘n negatiewe manier van speel, hoop die ander maak foute sodat ons pale toe kan skop en op so manier punte kry (want ons kan nie op ‘n ander manier wen nie). Daar is niks aanskoulik of mooi aan die manier wat ons rugby speel nie maar ‘n voorspelbare, vervelige, stereotipe manier. Maar mense gaan sê ons is die wêreldbekerkampioene as ons wen so dit is al wat saak maak. Wêrelbekerwenners met ‘n 50 persent wenrekord tussen wêreldbekers, ek dink ons flous onsself net. O ja skuus ons moet net eers nog vir Engeland wen.

Humbug ·

Sit nou net en wonder hoeveel van die sogenoemde “lojale ondersteuners” wat nou orals uitklom omdat SA Id final is gaan lojaal Bly indien hul verloor??? Net realiteit. N ware ondersteuner Bly deur wen en verloor.

Naomi ·

Dis die Anglo-boere oorlog van voor af…net die keer vat ons nie casualties nie…

humor ·

Waarom die bokkie op die skouer? Hy moet gelydelik uitgeskakel word, want sien hy is deel van die trotse geskiedenis van SA. Hierdie volkspilare mag nie meer daar wees nie. Dit is deel van die aftakeling van volk. Ek is seker elke swartspeler sal eerder deel van hierdie roemryke embleem wil wees.

Decoded ·

Die spul se decoders sal altyd oortyd werk. Die gotjie moet immers op die skerms aan die lewe gehou word.

Fielies ·

Nee, nie afhanklik aan decoders nie, daar is n paar alternatiewe. ;-)

Merie Perd. ·

Sjoe verbeel ek my mar is die Engelse xv tal van die heelagter tot die haker onmenslik groot?
Die manier waarop hulle met pasie en oorgawe foutloos gespeel het was indrukwekkend, om die minste te se. Ek glo die bokke sal wen, maar, hulle sal ongelooflike toewyding en passie aan die dag moet le. Kommunikasie was Sondag n groot probleem met Willie en Handre wat die kluts kwyt was. Maar dis ook seker as gevolg van Faf se onakurate doelose skoppe. Teen Engeland sal ons die bal moet speel en nie wegskop nie.

Alfred ·

Engeland het beslis nie slapelose nagte nie. Dit is duidelik dat SA net skop- en stormramplanne het. Niks meer nie. As SA Saterdag wil wen, sal Engeland nie moet opdaag nie.

TwaalfBoor ·

@Decoded
Ag siestog….. daar moet seker mense ook wees met tonnel visie in ons samelewing.

Ruan ·

Almal wat so negetiwe kommentaar lewer, Wanneer ons die beker volgende naweek huis toe bring hoop ek net dat julle NIE saam “celebrate” NIE.

sarel ·

ek kan rerig nie sien hoe enige iemand kan dink ons kan engeland klop nie suid afrika en wallis is derde en vierde plek spelers.ons het rerig nie n kans teen die engelse sien hulle is tenminste 30% beter as die soringbokke

Chrisjan ·

Sondag se game gaan vir seker nie rugby bevorder as dit is wat die organiseerders voor gehoop het nie. Defnitief nie rugby gewees nie!

Willie ·

Die regering besluit nie oor die trui nie. Dit is Wêreld Rugby. Die Landswapen moet op die een bors wees en World Cup logo op die ander. Daarom die Springbok op die mou. Wees bly hy is daar, kon heeltemal weg gelaat wees.

Willie ·

Of te wel die Protea wat ons Nasionale wapen is vir alle sport.

B.B. ·

Aggenee, moet daar altyd mense wees wat Negatief is….Wen is wen..met n drie..met skop…maak nie saak nie…solank jy wen…Wat my wel ontstel is Peter de Villiers se swak uitlating in Beeld van 13 September..oor Etzebeth se skynbare betrokkenheid by Langebaan…Hy se..”Vir my is dit n beginselsaak..Ek kan die span nie in sulke omstandighede ondersteun nie!” My gewete sal my ry as ek die Bokke ondersteun…!! Nouja Peter gelukkig Wen die Bokke so-ver….sonder jou ondersteuning…
Moet ook nie Saterdag die Finaal kyk nie…Party mense het mos vasgehaak by die verlede, wat ons ander reeds agter gelaat het…en liewers vorentoe kyk…en saam n beter Toekoms bou vir almal…!!!

PIERRE ·

B.B. mooi gese en ook die ander met positiewe kommentaar. Kom ons lag eerder vir die narre wat in die verlede bly. Hulle is in elk geval niks beter gewoond. Sies tog!!

Balgod ·

Nog nooit in my lewe na daai patetiese kommin sport gekyk nie. Sal ook nie. “uuuhhh…. hardloop diknek pens&pootjies…. vangie bolletjie ek sê……” Duhhhhhhhh….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.