Bokke-dilemma: Hoe lank gaan Beast nog aanhou?

Beast Mtawarira – by die kruispad. (Foto: GB Jordaan)

Dis enige rugbyspeler se moeilikste besluit, wanneer om halt te roep.

Dís die kruispad waarby die Springbok-loskopstut Beast Mtawarira uitgekom het.

Dié 33-jarige veteraan van 106 toetse, wat reeds sy Curriebekerbuiging vir die Sharks in 2006 gemaak het, sal waarskynlik Saterdag in die Bokke se opdrafspan wees wanneer Suid-Afrika teen Nieu-Seeland in die Rugbykampioenskap speel. Hy sal egter na alle waarskynlikheid net ná rustyd deur Steven Kitshoff vervang word.

Dit is moontlik dat Mtwarira ook in die Springboktoerspan sal wees wat aanstaande maand teen Engeland, Skotland, Frankryk en Wallis speel en volgende jaar in die Wêreldbekergroep wees.

Maar gaan hy genoeg petrol in die tenk hê om daarby uit te kom?

Verlede Saterdag teen die Wallabies in Port Elizabeth kon die Bokke nie die skrums oorheers nie – en dit teen Scott Sio, Folau Fainga’a en Taniela Tuipo, wat nie een as ʼn meneer gereken kan word nie.

Die All Blacks was voor dieselfde kruispad met Owen Franks (30) wat naby sy rakleeftyd is, sy ouer broer Ben wat nou vir die Northampton Saints in Engeland speel, en Wyatt Crockett wat uitgetree het.

Maar toe tree Ofa Tu’ungafasi, Angus Ta’avao, Karl Tu’inukuafe en Tim Perry na vore. Dié vier baliebors-stutte het die Poemas Saterdag in Buenos Aires vermorsel en die toekoms lyk baie belowend vir die All Blacks.

Nou is die vraag, hoe vol is die Bokke se loskopspens?

Trevor Nyakane word al jare lank grootgemaak, maar word lamgelê deur beserings.

Is dit nie dalk nou die regte tyd om Thomas du Toit weer terug te skuif loskop toe nie, veral met Frans Malherbe, Wilco Louw en Vincent Koch wat nou voor hom in die ry as vaskoppe staan?

Dink net aan die kombinasie van Kitshoff en Du Toit as loskopstutte, Malcolm Marx as haker en Koch as vaskopstut. Watter land sal dan saam met die Bokke kan gesels?

Ja, ʼn mens kan nooit die ervaring van Mtawarira links laat lê nie, dink maar watter waarde Victor Matfield en Os du Randt tot die Bokke se Wêreldbekerveldtogte gevoeg het.

As die Bokke die All Blacks Saterdag op Loftus Versfeld laat les opsê in die skrums, kan Mtawarira (weer) tong uitsteek, maar as die All Blacks oorheers, sal Mtawaria óf links óf regs by die kruispad moet uitdraai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

waarheid ·

Beast se raklewe is al laaaankal verby. Weet nie wat hy nog daar soek nie. Hy kan vir Zim gaan speel – waar hy vandaan kom?

Bruno Samartino ·

Nee wat soos ou John Smit sal hulle hom ook aanhou kies jare na sy beste dae. Buitendien daars nie ‘n Black Rugby Empowerment Replacement (BRER)tans vir hom nie.

Anoniem ·

Die Springbokke en die Sharks mors al geruime tyd Thomas du Toit se loopbaan op deur hom op vaskop te speel. Hy is eenvoudig nie ‘n vaskop nie, maar kan na my mening in ‘n wêreldklas loskop ontwikkel, inteendeel ek glo hy sou al daar gewees het, was dit nie vir die gerondtjommel nie.

Hendrik ·

Mike Procter het nou onlangs voorgestel dat kwotas in krieket nou kan stop. Ek dink dieselfde geld vir rugby. Alle spelers moet op meriete geskied of S.A rugby gaan doodloop soos die toeskouers net nie meer die spel gaan ondersteun nie.

wolla ·

Volgens my is al die spelers op meriete in die span. Almal sal egter nie altyd saamstem met die kies van die span nie maar dit wil nie sê dat die ouens wat wel gekies is dit nie op meriete gemaak het nie, hulle het.

Swartwolf ·

@wolla: al die spelers op meriete ?? Genuine ? Hoekom is daar ‘n reel wat se 40% moet BBBEE of soos in sport terme “kwotas” spelers wees? 50% vir 2019 se wereldbeker ? Is Beast briljant soos wat hy was nog op meriete in die span ? Is Kolbe beter as Combrink? Al wat die klein ventjie doen is driee afstaan agv swak verdediging. Is Mbonambi beter as van der Merwe? Is Kholisi beter as Kriek of Kwagga behalwe dat hy kaptein is ? Is Kholisi ‘n beter kaptein as Whiteley ? Is Notshe beter as Whiteley ? Nonsens. Die res van die span is op meriete, insluitende Dyantyi wat briljant is.

nico k ·

Ja swartwolf, ek dink Kolisi is beter as Kwagga. Kwagga is te klein, ons skrum sukkel reeds. Dieselfde met Acckers. Te lig in die skrum en in internasionale rugby hadloop hakers nie rond nie. (Wat het Ackers Saterdag in die Curriebeker wedstryd gedoen?) En Notshe is nie in Whiteley se plek gekies nie! (As jy rugby volg?) En Combrink is net so swak in verdeding. Kolbe het Saterdag sy man gestaan, en( met die uitsondering van een geval) elke keer onder sy groter teenstanders ingegaan. Halftyd se statistieke het gewys Kolbe het op daai stadium die 5de of 6de meeste duikslae uitgevoer in die Bokspan.

wolla ·

Jy’s reg Combrink se verdediging is nie op standaard nie en hy is ook te stadig. Daar’s ‘n hele paar vleuels beter as Combrink, Leyds onder andere.

Swartwolf ·

@nicok: as jy rugby volg sou jy gesien het Kolbe het 2 driee in 2 wedstryde afgestaan agv sy swak verdediging en miniatuur grootste. Ioane het hom afgestamp dat hy gras vreet en teen die Aussies was hy te bang om ‘n tackle van die kant af te maak toe probeer hy ankle tap. Drie vir die Aussies. Kwagga en Kriel se werkverigting is baie meer as Kholisi. Internasionale hakers hardloop nie rond nie? Volg jy internasionale rugby of Kaapstad klubrugby ?? Combrink se verdediging swak ? Toe hy vir bokke gespeel het, het hy 2 driee in 2 wedstryde afgestaan? Die eerste keer toe mens gesien het Notshe was Saterdag op die veld was toe hy vervang was. Nee wat pal weg die papsak en drink koffie as jy weer rugby kyk.

Richard ·

nico k
100% Colbe was die enigste agterspeller in top 5 verdedigers…..Ons senter het baie swak verdedig en kan dit nie die naweek bekostig nie….

Wesley ·

Ek is gegrief tot in my rugby binneste dat mense hier n veteraan van Bok rugby met n 100 toetse kan van praat as “kwota”. Ek is self van opinie Kitsie is ons toekoms op loskop en dat Beast nie meer “spring chicken” is nie, maar goeie genugtig… Hy gee nog n goeie skok tot sy teenstanders al is dit vir 50min op n slag. Kitsoff sal self seker vir jou se, n man van n 100 toetse het baie nog om te gee aan Bok rugby. Die wat sulke kwota snert praat van Beast weet sulks niks van rugby nie

A Kellerman ·

Solank as wat daar kwora teikens is,sal mense van kwotaspekers praat.

Swartwolf ·

@Wolla: Kan jy jou daai verdediging nagmerrie indink Lleyds en Kolbe as Springbok vleuels…..?? All Black vleuels hardloop die tuindwerge pap in die wereldbeker. Jy se Combrink is te stadig. Dalk kyk jy in slow motion. Hy is net so vinnig en twee keer sterker en beter op verdediging as jou kwota wonders.

Andre ·

En soos ek sien “die beste stuurman sit aan wal” Slim mense wat hier kommentaar lewer..

Johan ·

@swartwolf – siende dat jy nie die papsak by jou het nie en koffie drink – gee ons jou volledige vyftiental.

Ons weet ten minste Kolbe sal nie daar wees nie :) Maar wat van die res? Ons wag?

wolla ·

Hy reken slegs een speler van kleur is nie ‘n kwota nie, nl Djyanti..seker ook maar net omdat hy ‘n Lions speler is. Ek voorspel ook dat daar minstens 10 Lions in sy span sal wees.

wolla ·

Ons weet ook daar sal slegs een speler van kleur (as hy gelukkig is) in sy span sal wees, nl: Dyanti (ook seker maar net omdat hy ‘n Lion is) , die ander is almal kwotas volgens hom. Ek voorspel verder dat daar minstens 10 Lions/eks-Lions in sy span sal wees.

A Kellerman ·

Solank as wat daar kwora teikens is,sal mense van kwotaspekers praat.

PJ ·

Ek stel myself beskikbaar:
Ek weeg 102kg, is 2.35m lank, is 62 jaar oud en was al 2 keer op Nuweland en een keer op Loftus. Ek bly tans in Namibië maar sal bereid wees om te skuif na waar ookal ek benodig word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.