Bokke draai die horlosie terug

Siya Kolisi druk die Bokke se tweede drie na hy onderskep en deurgenael het. (Foto: GB Jordaan)

Ai, dit was lekker om ʼn Springbokspan weer só te sien speel.

Die sooie is reeds verlede week gespit, die fondasie is toe gelê en Saterdag op Kingspark in Durban is die eerste boustene ingemessel vir die herstel van Springbokrugby.

Die Bokke het Frankryk Saterdag in die tweede toets met 37-15 geklop nadat hulle verlede week op Loftus Versfeld met 37-14 baas was.

Die reeks is met 2-0 gewen, die Bokke het agt drieë in twee toetse gedruk en hulle is besig om die trots, tradisie en passie van die nasionale span te herstel.

As ʼn mens die statistieke kan glo, is dit haas ondenkbaar dat ʼn wenspan 168 duikslae teenoor die verloorspan se 58 gemaak het.

Boonop het die Bokke net 16 daarvan gemis en die Franse 14.

Die grootste uitblinkers was die senter Jan Serfontein, die slot  Franco Mostert en  die flank Siya Kolisi, wat absoluut briljant was. Daardie drie van hom toe hy die bal onderskep het en met een hand opgeraap het, was Jan Ellis op sy beste.

Eben Etzebeth se werkverrigting is miskien net deurr Franco mostert oortref. (Foto GB Jordaan)

Die Springbokspan speel soos in die goue jare van Springbokrugby. Die spelers plaas hul lywe vir mekaar op die spel, hulle benut hul geleenthede en hul werkverrigting is soveel beter as die geploeter van verlede jaar.

ʼn Mens wil nie op die selfde klawer tokkel nie, maar is dit nie hoe die Lions die afgelope drie, vier jaar speel nie?

Die Springbok-afrigter, Allister Coetzee, sal sekerlik op die skouer geklop word, maar die spelers moet die krediet kry, saam met die hulpafrigters, Franco Smith en Brendan Venter.

Verlede week het die Bokke met 37-14 gewen, maar Saterdag se vertoning was soveel beter omdat die Franse hul sterkste span gekies het en baie meer weerstand gebied het.

Die Franse het goed begin en was met 7-0 voor nadat Scott Spedding ʼn drie gedruk het.

Maar toe Serfontein die Bokke se eerste drie gedruk het, het dit herinner aan die eerste toets in 1967 toe die vleuel Corra Dirksen tussen Dawie de Villiers en Piet Visagie ingesny het en die Franse oorhoops betrap het.

Dit het Saterdag nooit gelyk of die Franse ʼn houvas sou kry nie. Hulle was baie beter as verlede week in die skrums, lynstane en hulle het goud ontdek in die jong senter Damian Penaud. Ek is seker sy pa, Alain wat ook vir die Hane gespeel het, sal baie trots op hom wees.

Maar die Bokke het hulle voos geduik, gemaal, geskrum en onder druk geplaas. Hulle het nooit laat slaplê nie en die plaasvervangersbank het ʼn groot verskil gemaak.

Moet die span verander word vir aanstaande Saterdag se derde toets op Ellispark? Nee, gee dié manne nog ʼn kans, hulle het die reg (op verdienste) verdien om die uitklophou te plant.

Daar is vernuwing, opwinding en die regte spangees heers.

Ja, die oorlog is nog nie gewen nie, maar wel twee belangrike veldslae sonder enige noemenswaardige ongevalle.

Puntemakers –

Suid-Afrika (23) 37: Drieë:  Jan Serfontein, Siya Kolisi, Coenie Oosthuizen, Elton Jantjies. Doelskoppe: Jantjies 4. Strafdoele: Jantjies 3.
Frankryk (7) 15: Drieë: Scott Spedding, Damian Penaud: Doelskop: Baptiste Serin. Strafdoel  Francois Trinh-Duc.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

jenie ·

Mooi bokke! Kan no 5 net sy hare netjies sny hy lyk sleg , dit hang in sy oe terwyl hy speel dan los hy dit net so, ag nee!

Marius ·

Wat vir een ou na deurmekaar hare lyk is vir ‘n ander ou mooi, maar maggies daai no 5 speel soos ‘n beer!

Lc ·

Jenie, kan sien jy kyk nie baie rugby nie.
Die hare ding loop al virewig in rugby, Daai laghaar man is virseker n moderende Simson net soos in die Byble. Hy moet maar oppas vir Delila s wat hare wil sny

Wessie ·

Oordeel die spelers op hul vertonings en nie hul voorkoms nie. Dit was nie n modeparade nie!!

Bokken ·

Ai,hoe moeilik is dit vir sekere mense om net n goeie Springbok wen te geniet, die glas is half vol swaer!

Nico ·

Ai het Serfontein se spel nie herhinderinge van ‘n Danie Gerber gebring nie. Veral die spel tot die aanloop van sy drie. Verder geluk aan Franco en sy afrigting span.

Jaybee ·

Mooi so Bokke, ek hoop net die span kan voortgaan met die rugby wat hulle nou speel. Franko en Brendon se bydrae wys duidelik.

Dereck Le Roux ·

Kom ons kyk wat dis Alister en sy span op teen die All Blacks en die Wallabys.

Francois ·

Dereck, ons weet die ware toets sal kom teen die All Blacks….maar gee darem bietjie krediet waar dit geregverdig is!! Teenoor die getjommel van laasjaar toe soveel Bokondersteuners gedreig het om hul springboktruie te verbrand en nooit weer Springbokrugby te kyk nie, is hierdie twee vertonings op sigself manjefiek!!!!
Die All Black brug sal ons oorsteek wanner ons daar kom.

Wessie ·

Jy behoort nie die Wallabies en All Blacks saam in een sin noem nie….die Wallabies is tans pateties. Kyk net na hul Super-spanne – baie swakker as die SA spanne.

SuperBul ·

Ek het baie lank laas so span poging gesien. Ek is glad nie n AC ondersteuner nie en het hom soos Jake gehaat, laat ek liewers se sy arrogansie gehaat. Maar net soos Jake en ja Hy, AC deur goeie hulp afrigter, Eddie Jones gehelp is het Brendon Venter herdie span leer saamstaan.
Ons moet ten alle koste vir Brendon by die Italianse span gaan uitkoop. AC het sy goeie verdedigings planne van die Stormers toegepas en saam met Franco Smit se Lions tipe aanval en Brendon se dissipline en motivering het my gister vir die eerste keer laat in n lang tyd laat opspring vir die Springbokspan.

Francois ·

Ek my self het verlede jaar my kop in skaamte laat Sak .nou kan ek weer my kop optel En se ek is trots springbok ondersteuner.dank aan Brendon En Franco Smit ways net wat kan gedoen word met goeie afrigting En motivering . moet ASB. Nie nou baie veranderings bring nie maar no 7 van haaie kan bly . onthou net franse het England opdraend gegee england het allblacks gewen so as ons postief bly soos nou kan ons weer no1 word. Geluk aan die span En afrigters .Hulle het gister my laat dink ssoos ou gesegte EEN drag maak MAG.

Riaan ·

Mooi Bokke! Dit was wonderlik. Ek stem, Allister moet nie aan die span tokkel nie, hy moet kontinuiteit behou. Wel gedaan!

kobus ·

Wat bemoedigend is is dat die bokke gewen het teen n goeie franse span. hulle sal wel later geweeg word teen n all black en aussie span,maar dis eers later. kan sien wat beteken n goeie afrigtingspan wat ondervinding het van afrig respek kan afdwing by spelers en n goeie morele waarde sisteem daar stel vir spelers. tipiese lions rugby spelpatroon maar dit werk

Louis Levinson ·

Die Springbokke lyk sommer fisies in ‘n beter toestand. Wanneer laas het ons stutte met sulke vaart in die bal gehardloop. En die wat sê ons toets kom teen die All Blacks en Wallabies. Die All Blacks sal ‘n toets wees, maar asb tog Aussie rugby is ‘n uiterste grap. Loer maar net weer na die spel wat hulle opdis in die SupeRugby en soek hard na positiewes. Bokke Bo!

Louis ·

Al verandering wat moet kom is daar moet plek gemaak word vir daai rooikop voorry

Josua Keys ·

Die bokke is op die regte pad maar het teen ‘n span gespeel waarvan sewe spelers in n finaal gespeel het en nie goed op die veld gelyk het nie, ek bly by my keuse dat Jaco Kriel en Combrink(Regter Vleuel)so gou moontlik in die span ingesluit word asook Ruan Dreyer, Rhule is baie goed met n oop lyn maar op regter vleuel het ons manne nodig wat arms kan oop hardloop om oor die voordeel lyn te kom veral teen die All Blacks, Engeland, Ierland, Ausies ens dan het ons n span wat nie net die All blacks sal klop nie maar almal wat voor hulle kom. LOL, jy kyk beslis die verkeerde wedstryd, gaan kyk mooi wie het die lyn reguit gemaak om sapsie te skep vir die manne om die driee te druk!!!!! Serfontein en Mapoe het hul kant gebring, Kolisi ook, ek het baie gehou van wat hy na die wedstryd op TV gesê het en dit het my beslis meer respek vir hom as speler gegee maar ongelukkig is hy steeds nie ‘n Jaco Kriel nie, Du preez verdien om te begin op vlank saam Jaco Kriel en Warren terug op agtsteman(Dodelike kombinasie wat die All Black sou wardeer het) en dan eers sal die manne reg wees om die groot Kanonne aan te durf, Kolisi op die bank as inpak speler en hy kan selfs op agtste man inskuif sou Warren vlank toe skuif. Afrigters, “Well done!!!

Lol ·

Opgedra aan Josua Keyes : “Maak die Lions almal Bokke” Selfs met beserings onverskrokke? Kolisi ,”man of the match” is vir Kriel geen match? Elton se probeer skepdoel sonder voordeel voorgevoel? Mapoe waar was jy, Serfontein moes vir 2 baklei? Mostert na die maal, Pieter- Steff gaan jou trui kom haal. Skosaan ,te dun vir All Blacks maar reg vir ‘n Haan. Op ‘n positiewe noot, Marx verdien altyd sy brood. Met Warren as kaptein, sal ons nooit weer kwyn. Ross Cronje, gaan vir ons nog beter gee. Van Coetzee op 15, gaan ons nog baie sien. So kan ons aangaan maar rymwoorde raak gedaan. Volgende keer, dalk die Sharks of Stormers swartsmeer? Van ‘n Bulldog ondersteuner.

Pierrè ·

Lyk my ons is so honger vir wenrugby vir bokke dat enige wen ons nou skielik weer een van bestes maak soos almal aangaan. Gaan kyk en bestudeer weer die wedstryd, bokke was eintlik glad nie so wonderlik nie, dink nie hierdie Franse was ‘n goeie toets vir ons sterkte nie.

Koos1 ·

Pierre, geensins het iemand gesê dit was een van die beste wedstryde nie, en ons is almal eens dat tans sal die AB’s ons vermorsel, maar dit is ‘n goeie begin. Ja daar was foute, maar die Franse het hulle sterkste span op die veld gestoot. Gee asb erkenning waar dit verdien word.

Poot ·

Pierrè
Sien die wen vir wat dit was. Dis baie beter as die geploeter van laasjaar. Maar ja…..pessimiste sal daar ook seker in ons geledere wees. Dalk moet jy maar liewer die Skotte en Waliesers se rugby volg en die ondersteuning vir Bokrugby los vir die wat nog in die groen en goud glo. (Ongeag hul vertonings) Almal wil tog ‘n silwer randjie iewers aan ‘n donker wolk sien. Ek sien dit…..en so ook talle ander.

BOLANDER ·

Dit was fantasties om weer ‘n Sprinbok span so te sien speel. Mooi gedoen ouens. Ek is baie trots op julle!!!!!

Chris ·

Ek stem saam met die meeste kommentare. Die Springbokke is op die “regte pad”. Ek is ook krities oor sekere aspekte van hul spel, maar is in die algemeen tevrede. Dit het immers gelyk of die ouens wil speel. Ek dink met die regte kombinasies en paar veranderings kan die Springbokke die All Blacks looi. Ons grootste vyand teen die All Blacks is onsself. As jy in die All Blacks se gemaksone in beweeg raak hulle verboureerd. Speel in hul gesigte duik hulle “dood” , gee hulle geen beweegruimte en siedaar die veldslag is half gewonne . Geen span hou daarvan om op hul agterpote gehou te word nie. Die goue reel teen die All Blacks is, jy slaan eerste. Hulle karring, knyp en boelie die Springbokke. Wat doen hulle, hulle reageer. Wat gebeur elke keer met die ou wat tweeds slaan, by word gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.