Bokke druk nege drieë teen hul bure

: RG Snyman op die oorlogspad vir Suid-Afrika teen Namibië. Die Springbokke het dié Wêreldbeker-kragmeting 57 – 3 gewen. (Foto: Springbokke Twitter)

Kyk, die doel van rugby is eintlik eenvoudig: Jy moet net meer punte as jou teenstanders aanteken om die wedstryd te wen. En dit is presies wat die Springbokke vandag gedoen het toe hulle Namibië 57–3 in hul Wêreldbeker-wedstryd in Japan ore aangesit het.

Ja, die Bokke het nege drieë gedruk en hul verdediging het gesorg dat die Namibiërs se enigste punte te danke aan ’n strafskop was, maar dinge – veral hul afrondingswerk – kon beter gewees het. Baie beter om eerlik te wees.

Met verskeie hardebaarde wat teen die All Blacks diens gedoen het op die plaasvervangersbank, het spelers soos Kwagga Smith, RG Snyman en Herschel Jantjies kans gekry om hul staal in die beginspan te wys, terwyl die 38-jarige Schalk Brits die span vanaf agtsteman aangevoer het.

Wenkbroue is dalk gelig oor Brits se posisionele skuif van haker na die nommeragttrui, maar dit was eintlik verbasend lekker om daardie rooi skrumpet agter die skrum te sien rondbons.

Vooraf het almal geweet die Bokke gaan wen, die vraag was net hoe ver. Die vorige twee kere dat dié spanne kragte teen mekaar gemeet het, het die Suid-Afrikaners onderskeidelik 105 punte en 87 punte opgestapel.

Vandag het vyf drieë in die eerste helfte – die rolmaalbeweging is dalk té gereeld uit die driedrukspens gehaal, tog het Lukhanyo Am se drie net vóór rustyd die nodige kykplesier verskaf  –  gesorg dat hulle ’n gemaklike rustydvoorsprong van 31–3 geniet het.

Die gevaarlike S’bu Nkosi het hopeloos te min geleenthede op die aanval gekry. (Foto: Twitter)

In die tweede helfte het dinge egter begin ontrafel met die Bokke wat net nie kon afrond nie. Die bal is hopeloos te veel kere aangeslaan en hoewel die humiditeitsfaktor gesorg het dat dinge glibberig geraak het, verwag ’n mens van internasionale spelers om die bal raak te vang. Hulle word immers daarvoor betaal.

Die Namibiërs speel volgende teen die All Blacks en ’n mens vermoed dat die Nieu-Seelanders lag-lag 80 punte teen die Suidwes-Afrikaners kan opstapel.

Daarteenoor het die Bokke hul eerste punte in Groep B van die toernooi gekry – die bonuspunt was reeds in die eerste helfte in die sakkie. Maar hulle sal nie soveel geleenthede teen ander spanne kry nie; en ’n Engeland of ’n Wallis sal die Bokke straf as hulle soveel hanteerblapse begaan.

’n Oorwinning is dus ’n oorwinning. Maar gaan Erasmus tevrede wees? Aikôna.

  • Puntemakers:

Springbokke: Drieë: Bongi Mbonambi (2), Makazole Mapimpi (2), Francois Louw, Lukhanyo Am, Warrick Gelant, Siya Kolisi, Schalk Brits. Doelskoppe: Elton Jantjies (6).

Namibië: Strafskop: Cliven Loubser.

  • Die Bokke se volgende wedstryd is komende Vrydag teen Italië om 11:45.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Swartwolf ·

Stem saam met die artikel. Bok wen, maar niks on oor opgewonde te raak nie. Ten minste kon die kwota kaptein ook ‘n drie druk onder goeie leierskap en ambassadeurskap vir die sport (einde van wedstryd) van Schalk Brits. Hoop hy het iets geleer van respek en groot hartigheid.

At ·

Geen wonder dit donderweer in die Kaap nie. Die hoofman het uiteindelik meer as 2m gevorder met die bal.

ja nee ·

Ja hy het darem 2m gevorder – gelukkig is dit dit 1.9m verder as Kwagga Smith. Dink darem nie Kolisi sal ooit so groot teleurstelling wees nie, selfs met ‘n besering.

Jan ·

Verder af op MM onder draadloos, is daar ‘n foto van ‘n mooi jong nooi wat bid- dit is al wat ek kan sê.

Dubbelloop ·

‘n Wen is n wen, maar dit was maar ‘n saai wedstryd. Die bokspan het gelyk of hulle nog nooit saamgespeel of geoefen het nie. Daar kan baie fout gevind word en rêrig min ligpunte. Kombinasies wat werk is steeds n kopseer. Rassie moet nou sy finale span kies en laat hulle maar saamspeel. Hoe gouer, hoe beter.

Poot ·

Swak wedstryd. Het beter besluite en afronding van die bokke verwag. En dan weer die “ref”….. genade, sedert watter wedstryd word daar vryskoppe gegee vir ñ bal wat skeef by ñ skrum ingegooi word. Neewat die Franse skeidstegters het die klits kwyt.

Manie van Worcester ·

ag vader, altyd die skeidsregter, kry tog n ander snaar om te tokkel

Ag Ja! ·

Poot,
Jy het nou net jou kennis van die reels vir almal gewys. Minder yskas toe loop en miskien n boek met die reels kry. Ek gee die skeidsregter krediet vir sy optrede oor die skeef ingooi. Dit is omtrent tyd dat die reel weer behoorlik toegepas word.

Siener ·

Poot. Hoekom huil jy elke keer oor die skeidsregters? Dit raak nou n swak gewoonte by die bok ondersteuners.

SjN ·

Poot, die skeidsregter het korrek opgetree met die vryskop tov skeef ingooi, die reel se so en ek hoop almal wil dit so toepas sodat daar weer vaskoppe gewen kan word. Die rugbyreels kan jy gaan google.

Johann cb ·

Ek kan stééds nie insien hoekom gewese spelers toegelaat word om vir die Bokke te speel nie! Hulle soek hul heil Oorsee, kom terug, maak span en gaan weer Oorsee! Werk nie vir my nie!

Poot ·

@siener
Ek dink dis nogal ñ swak gewoonte van jou om om Suid Afrikaans gebore te wees en die All Blacks te ondersteun. Vlugteling.

Manie van Worcester ·

nie sleg as jy in ag neem dat toe dit nog Siudwes was het hulle in B afdeling van curriebeker gespeel. weet nie of hulle dit ooit kon wen nie, hulle het darm altyd noordwes kaap gewen. maak die kwotas se wen soveel groter

Naas ·

Rassie het nou altwee sy “beste” losskakels probeer – nie een het gewerk nie. Sit vir Frans Steyn op nr 10.

ja nee ·

Pollard en Jantjies sukkel maar vader weet Steyn was darem stadig Saterdag. Ek dink nie daar is ‘n stut by die World Cup stadiger as hy nie…

SjN ·

Glad nie iets om oor opgewonde te raak nie, kyk wat gaan die AB se telling wees @ Nam en dit gaan die verskil maak.

A ·

Julle wat so kommtaar lewer hoeveel van julle het rugby gespeel . Onder 9 Rassie kyk na opsies. As julle so baie weet doen aan soek vir sy werk

Apools ·

En jy het saam met Rassie aansoek gedoen vir die job en dit nie gekry nie ?

Stefan ·

Ja n baie gaap gaap wedstryd. Speel ons nie meer hardloop rugby nie ? Die doel van rugby is om spasies te skep met visie maar al wat Bokke doen is dat Skrumskakels sinnelose skoppe loods wat balbesit weggee.
Rassie het baie wedstrydplanne wat op n Laptop sekonde vir sekonde uitgewerk is maar ongelukkig word die spel op n grasveld gespeel waar spelers visie moet toon en die situasie moet speel, nie moet hou by Rassie se wedstrydplan wat se bv. 61 minute en 19 sekondes dan gaan Bokke n dubbel lugskop aanval loods en die bal 2 keer vorentoe klap nie. Stem ook saam dat ons moet ophou om skeidsregter vir Bokke se planloosheid te blameer.

Jaco ·

Die bokke gaan weer n wakeup call kry. Windgat oor n wen teen n span waarvan net nege manne professionele rugby speel. Hul vertoning teen Italië sal baie beter as gister moet wees. Ek kan net nie verstaan dat Rassie nog steeds eksperimenteer met kombinasies nie. Belaglik!!

Poot ·

Blameer nie die skeidsregter vir bokke se swak vertoning nie. Skeidstegters beslissings is net so so pateties soos bokke se spel. Rugby is nie meer rugby nie. Die frustrerendste is die skrums…. gaaaaaap… gaan haal nog ñ bier in die yskas. Met die terugkeer sukkel die ref nogsteeds om die spulletjie nie te laat val nie.

George in Bloem ·

Hulle het niks reggekry wat omtrent elke Super rugby span en meeste Curriebeker spanne ook sou kon regkry nie. As hulle so gaan speel teen Italie kom dalk weer skandes. Italie was kookwater ‘n paar dae gelede. Namibie kan hulle maar regmaak vir ‘n honderdtal teen die All Blacks.

Driesie ·

Italie was kookwater nou sal hulle kouewater word ten die bokke

Vita ·

Hier is n paar wat die man op straat se kennis van rugby onderskat, ons ken ons sport, en weet wanneer n afrigter goed of nie goed is nie, Rassie doen nie so goed as wat hy behoort te doen nie, die 1 ste game teen AB het die gewys, en nou weer kon ons dit sien, sy spel patroon met die senter wat die heeltyd stormram in ander span in werk nie,maar hy hou aan met dit, dit is hy wat Faf opdrag gee om te skop, Faf speel onder opdrag van Rassie, NZ is afgerig elke man weet wat hy moet doen, so ook Engeland en Walles

jonathan ·

Die Bokke wen teen Namibie- en daar is hoeveel kommentaar gelewer oor die berig, Shame, wys jou net waar is julle rugby as julle so aan gaan na n game teen Namibie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.