Bokke: Gedugte pak en opwindende jong driekwarte gekies

Eben Etzebeth – terug na sy besering. (Foto GB Jordaan)

ʼn Goeie en ervare pak met vier terugkerendes, ʼn “groentjie”-agterlyn en ʼn bank gelaai met opwindende spelers.

Dít is waarop Rassie Erasmus besluit het vir die Springbokke  se eerste toets Saterdag in vanjaar se Rugbykampioenskap wat om 17:00 teen Argentinië in Durban afskop.

Voorlangs lyk die Bokke gedug. Frans Malherbe, tegnies gesproke Suid-Afrika se beste vaskop, is bo Thomas du Toit verkies wat in die vaste los in die tweede helfte van die bank af ʼn groter bydrae in die los sal kan lewer.

Benewens Francois Louw wat van oorsee af ingetrek is, speel verlede jaar se twee kapteins Eben Etzebeth en Warren Whiteley saam met Malcolm Marx ook Saterdag (ná hul beserings in hul eerste toets van die jaar).

Louw is op nommer ses-flank gekies en Siya Kolisi skuif oor na nommer sewe.

Lukhanyo Am, wat verlede jaar twee of drie minute se toetsrugby gespeel het, speel met drie ander driekwarte wat vanjaar eers hul toetsbuiging gemaak het.

Hulle is rou, maar opwindend op die aanval. As die verdedigingsprobleme wat teen Engeland ondervind is, uitgeskakel kan word, kan dié viertal ‒ die senterpaar Am en André Esterhuizen saam met die twee driedrukker-vleuels Aphiwe Dyantyi en Makazole Mapimpi ‒ hul stempel deeglik afdruk.

Am, Esterhuizen en Mapimpi speel al drie vir die Sharks wat darem ʼn tikkie samespel in wedstrydverband bring.

Willie le Roux en Handré Pollard verskaf die ervaring agterlangs terwyl Faf de Klerk darem ook nie meer op dié vlak ʼn groentjie is nie.

Damian Willemse en Marco van Staden sal Saterdag die eerste keer die groentrui vir ʼn toets oor die kop trek en is tussen die agttal op die bank wat van spelskeppers en baldraers wemel.

Springbokspan ‒

15 Willie le Roux, 14 Makazole Mapimpi, 13 Lukhanyo Am, 12 André Esterhuizen, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handré Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley, 7 Siya Kolisi (kaptein), 6 Francois Louw, 5 Pieter-Steph du Toit, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Tendai Mtawarira. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Thomas du Toit, 19 Marvin Orie, 20 Marco van Staden, 21 Embrose Papier, 22 Lionel Mapoe, 23 Damian Willemse.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Snuffels

Jessie Kriel speel fantastiese rugby en was die best 13 in die land…en by ver ook. Is hy beseer of is daar weer doelwitte wat bereik moet word. Of is die woord doelwit nie polities korrek nie?

Jorrie Jordaan

Ek sien Rassie skarrel al klaar met die Bokspan! Yster Mostert nie erken vi Bokke nie terwyl hy inklim rugby speel!!

Callie

Rassie gaan voluit vir sy kwotas. Teen AB en Aussies sal dit wys

ChrisE

Interresante keuses. Ek is nie ‘n rugbykenner nie, het so bietjie in my jonger dae gespeel. Op papier lyk alles goed en wel. Hulle speel egter nie op papier nie maar op gras. Ek wil nie sy werk vir al die geld in die lewe hê nie. Hy het homself beskikbaar gestel vir die werk, so hy moet maar die pyne saam met die plesier vat. Wat my verbaas is die span is nog nie op die veld nie en word al afgeskiet. Wat de hoenders gaan met ons aan. Ons weet almal aan wat se politieke voorskrifte voldoen moet… Lees meer »

Niklaas

Redelike goeie span wat gekies is. Daar is nie juis swak skakels hier nie. Mag hul nou net goed verdedig en die Los Pumas voorlangs karnuffel. Dan wag daar ‘ n besliste wen op die Bokke.