Bokke: Gedugte pak en opwindende jong driekwarte gekies

Eben Etzebeth – terug na sy besering. (Foto GB Jordaan)

ʼn Goeie en ervare pak met vier terugkerendes, ʼn “groentjie”-agterlyn en ʼn bank gelaai met opwindende spelers.

Dít is waarop Rassie Erasmus besluit het vir die Springbokke  se eerste toets Saterdag in vanjaar se Rugbykampioenskap wat om 17:00 teen Argentinië in Durban afskop.

Voorlangs lyk die Bokke gedug. Frans Malherbe, tegnies gesproke Suid-Afrika se beste vaskop, is bo Thomas du Toit verkies wat in die vaste los in die tweede helfte van die bank af ʼn groter bydrae in die los sal kan lewer.

Benewens Francois Louw wat van oorsee af ingetrek is, speel verlede jaar se twee kapteins Eben Etzebeth en Warren Whiteley saam met Malcolm Marx ook Saterdag (ná hul beserings in hul eerste toets van die jaar).

Louw is op nommer ses-flank gekies en Siya Kolisi skuif oor na nommer sewe.

Lukhanyo Am, wat verlede jaar twee of drie minute se toetsrugby gespeel het, speel met drie ander driekwarte wat vanjaar eers hul toetsbuiging gemaak het.

Hulle is rou, maar opwindend op die aanval. As die verdedigingsprobleme wat teen Engeland ondervind is, uitgeskakel kan word, kan dié viertal ‒ die senterpaar Am en André Esterhuizen saam met die twee driedrukker-vleuels Aphiwe Dyantyi en Makazole Mapimpi ‒ hul stempel deeglik afdruk.

Am, Esterhuizen en Mapimpi speel al drie vir die Sharks wat darem ʼn tikkie samespel in wedstrydverband bring.

Willie le Roux en Handré Pollard verskaf die ervaring agterlangs terwyl Faf de Klerk darem ook nie meer op dié vlak ʼn groentjie is nie.

Damian Willemse en Marco van Staden sal Saterdag die eerste keer die groentrui vir ʼn toets oor die kop trek en is tussen die agttal op die bank wat van spelskeppers en baldraers wemel.

Springbokspan ‒

15 Willie le Roux, 14 Makazole Mapimpi, 13 Lukhanyo Am, 12 André Esterhuizen, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handré Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley, 7 Siya Kolisi (kaptein), 6 Francois Louw, 5 Pieter-Steph du Toit, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Tendai Mtawarira. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Thomas du Toit, 19 Marvin Orie, 20 Marco van Staden, 21 Embrose Papier, 22 Lionel Mapoe, 23 Damian Willemse.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Snuffels ·

Jessie Kriel speel fantastiese rugby en was die best 13 in die land…en by ver ook. Is hy beseer of is daar weer doelwitte wat bereik moet word. Of is die woord doelwit nie polities korrek nie?

Lieb Botha ·

In sekere posisies is kombinasies belangrik soos in die middelveld . Die uitvoering van die wedstrydplan speel ook n groot rol. Rassie het n kombinasie gekies wat mekaar ken en wat hy glo sy plan kan uitvoer teen die Argentyne. Jesse sal dalk ingespan word teen ander opponente.

Bulperd ·

Am en Esterhuizen kan bly wees dit is nie die All Blacks teen wie hulle more speel nie. In hul laaste wedstryd teen die Crusaders het die Crusaders senters en agterlyn poppe van hulle gemaak. Ek weet werklikwaar nie hoe kan enige iemand wat iets van rugby af weet dink of sê hierdie is ons top senters of agterlyn nie. Daar is seker maar redes vir hul keuses, maar ek kan nie wag vir die toetse teen NZ nie. Ook interresant dat sommige spelers se plekke vas gemesel is in die Bokspan en an ‘n jaar maar sommer net daar kom instap, wyl ander wat hul alies af gespeel het nou nie eers op die bank is nie. Maar die WP spelers kry seker maar voorkeur.

Jorrie Jordaan ·

Ek sien Rassie skarrel al klaar met die Bokspan! Yster Mostert nie erken vi Bokke nie terwyl hy inklim rugby speel!!

Callie ·

Rassie gaan voluit vir sy kwotas. Teen AB en Aussies sal dit wys

Henry ·

Argentyne gaan waarskynlik sommer vroeg-vroeg wys waar die sagte vleisies is.
Ek dink dat dit veral ou Rassie se senters, vleuels en stutte is wat sal moet uithaal en wys dat die biesies bewe.

ChrisE ·

Interresante keuses. Ek is nie ‘n rugbykenner nie, het so bietjie in my jonger dae gespeel. Op papier lyk alles goed en wel. Hulle speel egter nie op papier nie maar op gras. Ek wil nie sy werk vir al die geld in die lewe hê nie. Hy het homself beskikbaar gestel vir die werk, so hy moet maar die pyne saam met die plesier vat. Wat my verbaas is die span is nog nie op die veld nie en word al afgeskiet. Wat de hoenders gaan met ons aan. Ons weet almal aan wat se politieke voorskrifte voldoen moet word. Soos die Engelse sê, “get over it” en as jy nie daarvan hou nie ondersteun ‘ ander span. Moet egter nie stres nie, nie baie ver in die toekoms in nie gaan alles weer na normaal toe terugkeer.

ChrisE ....pfffft ·

Ag asseblief so as iets in jou keel afgeforseer word gaan jy regtig dieselfde se ChrisE?
Dis presies wat hier in Suid Afrika om elke hoek en draai met die die blankes gebeur..
Jy weet daar is kwotas om dit moet volgens die regering dit beteken nie mense hoef daarvan te hou nie! Geniet maar jou half gebakte kwota spannetjie en moet nie grens wanneer jou derde rangse spannetjie se strot afgetrap word nie…. Sit gerus agteroor en kyk hoe spanne en spelers soos die All blacks wat op meriete en verdienste gekies word rugby speel en daai kwota bontebok spannetjie afslag!

Niklaas ·

Redelike goeie span wat gekies is. Daar is nie juis swak skakels hier nie. Mag hul nou net goed verdedig en die Los Pumas voorlangs karnuffel. Dan wag daar ‘ n besliste wen op die Bokke.

Snuffels ·

Ek stem… Om Ori bo Mostert te kies Kan daar slegs een rede wees. Mostert offer die span so so baie… Hartseer Dat hy nou vir die politiek betaal

Hangman ·

Mens kies ook n kombinasie as hy wereld klas is… BARRY EN JOUBERT, DE Villiers en Fourie. En nou die twee??? Sjoe dit klop nie

pb ·

Beste beskikbare span. Senters pla. Nie seker oor die samestelling vd lostrio nie. Pak vories is gedug.
Mostert kry ruskans..vandaar Ori in d span. Go Bokke!!!

Henk ·

Daar is beslis beter spelers as malherbe, louw en esterhuizen!

Hewitt ·

En wie sal hulle wees Henk? Gelukkig het elke ou sy eie opinie, en kies jy nie die Bok-span nie.

B-man ·

Ek vang nie mooi nie… is Eben terug na sy besering? Gedink hy sou teen die tyd terug wees van sy besering.

Anoniem ·

Thomas du Toit is nie ‘n vaskop nie en het gereeld die afgelope seisoen “rodeo” gery. Wilco Louw skrum ook sterker as Malherbe. Dieselfde vir The Beast, Kitshoff skrum strate beter as hy.

nico k ·

Ek is bietjie negatief oor Francois Louw. Die vorige keer wat hy vir SA gespeel het was sy werkverigting vir my onder verdenking. Maar ek het dieselfde van Duane Vermeulen gedink en hy het die begin van die jaar uitstekend gespeel. Iemand moet nog vir my verduidelik hoekom Duane nie beskikbaar is nie. Ek stem saam met kombinasies. Esterhuise is die sterk man, en Am met spoed. Eben die sterk man op slot en du Toit die beweeglike een. En ek is self verbaas oor die keuse van Orie, maar hy was die beste lynstaanspringer van al die SA spanne.

Frans C ·

Volgens SANZAR se statistieke onder ‘Tackles won’ staan Mostert kop en skouers bo alle Super 15 spelers uit met 234, die twee NZ spelers naaste aan hom is Matt Todd met 209 en Luke Whitelock met 201.Mostert het ook verweg die meeste Lynstane 87 teenoor Orie se 54 gewen.
Geen wonder hy is weg Engeland toe.Wat off loads aanbetref staan Jean Luc du Preez en RG Snyman bo die res uit met 31 en 27 onderskeidelik.

PJC ·

Hoekom is Akker v d Merwe nie op die bank. Hy is by vêrre ń beter speler as Bongi.

Joshua ·

Kwagga is beter as Louw en Kolise..en die Leeus se 13 senter Jansen van Rensburg beter as albei die gekiesde Bok senters..eish.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.