Bokke ‘het uit foute geleer’

Die nuwe lostrio teen Namibië: Francois Louw, Schalk Brits en Kwagga Smith. Foto: Kwagga Smith se amptelike FB-blad.

In ’n Wêreldbeker-jaar wil ’n mens nie eintlik verloor nie, maar wanneer jy nou aan die onderspit moet delf, dan is dit baie belangrik om uit jou foute te leer.

En volgens die Springbokke se hulpafrigter, Jacques Nienaber, het die Bokke baie uit hul All Blacks-nederlaag wys geword.

“Die Nieu-Seelandse kragmeting was ’n baie belangrike wedstryd vir ons wat betref wedstrydstrategie, fisieke konfrontasie en om uitgedaag te word in elke aspek van die spel – veral met betrekking tot die sielkundige stryd vooraf,” het hy gesê.

“Wanneer jy teen die All Blacks speel en jy maak twee foute, is daar 14 punte teen jou naam op die telbord. Ons het drié agtereenvolgende foute gemaak en dit het ons 17 punte gekos! Dit was goed vir ons om ’n drukkoker-wedstryd te speel waar jy gestraf word wanneer jy foute maak.”

Nienaber en die res van die afrigterspan se aandag het nou na Namibië verskuif waar hulle sal poog om nie die All Blacks-foute te herhaal nie.

“Die span sal deur die loop van die toernooi voortdurend ontwikkel. Nieu-Seeland het met hul manier van speel ’n kraak in ons verdedigingsmondering gevind en ons het begin fokus om dié kraak ordentlik toe te pleister.”

Nienaber het bygevoeg dat die span oorgehaal is om hul ondersteuners trots teen Namibië te maak.

  • Afskoptyd is om 11:45 en die wedstryd sal regstreeks op SuperSport 1 uitgesaai word.

Springbokke: Warrick Gelant (heelagter), S’bu Nkosi (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Schalk Brits (agtsteman en kaptein), Francois Louw (flank), Kwagga Smith (flank), Lood de Jager (slot), RG Snyman (slot), Vincent Koch (stut), Bongi Mbonambi (haker), Beast Mtawarira (haker). Plaasvervangers: Steven Kitshoff, Thomas du Toit, Eben Etzebeth, Siya Kolisi, Franco Mostert, Cobus Reinach, Damian de Allende, Cheslin Kolbe.

Namibië: Johan Tromp (heelagter), Chad Plato (regtervleuel), JC Greyling (buitesenter), Peter John Walters (binnesenter), Lesley Klim (linkervleuel), Cliven Loubser (losskakel), Eugene Jantjies (skrumskakel), Adriaan Booysen (agtsteman), Muharua Katjijeko (flank), Thomasau Forbes (flank), Tjiuee Uanivi (kaptein en slot), Johan Retief (slot), AJ de Klerk (stut), Louis van der Westhuizen (haker), Desiderius Sethie (stut). Plaasvervangers: Obert Nortje, Andre Rademeyer, Johannes Coetzee, Prince Gaoseb, Janco Venter, Wian Conradie, Helarius Axasman Kisting, Johan Deysel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Gatiep ·

Ag Nienaber wat n klomp snert. Die AB het ook foute gemaak maar julle was te lam om dit uit te buit. Ek sal eerder my mond hou en nie sulke sinnelose kommentaar lewer nie. Ek begin wonder oor bevoegdheid!

Antoon ·

Af Gatiep, gaan speel met jou rugby balletjie op Playstation.

cr ·

Baie interessant dat Rassie 2 hakkers kies en 1 stut. Die lynstane en skrums gaan baie interessant wees?

Ben ·

Wanneer gaan die Bokke dit wat hulle elke keer leer begin toepas.? Besef tog dat as julle nie die All Blacks kan klop nie,julle beslis nie die Wereldbeker gaan wen nie.Hoeveel wil julle nog leer en probeer?

Pietman ·

Bokke het ‘n hoofafrigter, ‘n voorspeler afrigter, ‘n verdedigingsafrigter ‘n agterlynafrigter en ‘n kondisionerings spesialis. Kort ons nie ‘n aanvalsafrigter nie? En ‘n afrigter hoe om drieë te druk. En een om bokke te leer om balle ordentlik onder druk uit te gee. En om die bokke te leer hoe om die spel te lees en die regte besluite op die veld te neem. Ek was heeltyd onder ‘n wanindruk om te dink ‘n speler word juis ‘n springbok omdat hulle reeds oor bogenoemde eienskappe en vaardighede beskik. As die spelers so baie ondervinding volgens die afrigter het hoekom moet hulle dan nog so baie leer?

Wesley ·

Swys was voorheen die aanval afriger, voor hy moes onttrek vir sy eie gesondheid. Felix Jones was geoormerk vir daardie rol net voor die WB, maar die span het besluit hul wil nie nou nuwe tegnieke inbring nie en hom net as konsultant ingebring. Dit is hoe klein die “margins” is tussen wat hierdie ouens werk. Daar is baie slypwerk, tot tussen wedstryde, om te doen, die konsentrasie nodig is uiterwerelds. Spelers kan nie volmaak word nie, altyd werk benodig om daai mes vlymskerp te hou. Soms werk dit, soms nie. Ook met die probleem dat profesionele rugby so vinnig verander van tegnieke wat werk en wat nie werk nie, dit is nie net die rondpaas en hardloop en hoop iemand vat n gaping soos in die donkiejare gelede of jou laerskool rugbyspan nie. Of hoe verstaan jy moet dit werk?

Frans C ·

Al sê almal wat bly rugby tenspyte van al die veranderinge aan die reës of soos Wêreldrugby dit noem ‘laws’ ‘n eenvoudige spel. Solank jy die bal dra en besit behou,dra en besit jy 5 punte tot tyd en wyl jy die bal wegskop of iemand dit by jou afneem.

Sou dus dink dat ‘n mens spelers soek wat geleenthede vir ander spelers in beter posisies skep om punte aan te teken.Jy moet dus dink ek die spel kan lees en geleenthede benut wanneer hul voorkom.

Jy soek dus ook voorspelers wat kan aansluit by agterspelers en nie ‘n klomp
‘wrecking balls’ nie wat alles soos ‘n trop olifante wil plat loop nie.Die All Blacks speel slim omdat hul van kleinsaf balvaardighede aanleer en altyd op kyk is na geleenthede en dus vinnig foute uitbuit.

Ons prpbleem is dat ons patroon vaste spelers het,met hier en daar ‘n uitsonfring soos Kolbe.Werk die patroon dan lyk die Bokke soos kampioene en hemel almal hul op.Werk dit nie dan lyk hul met verskoning soos pampoene en kraak almal hul af.

Wesley ·

So simpel is rugby nie eintlik nie Frans. As dit net so simpel was, waarvoor dan al die afrigters, spelpatrone, video analiese, ens? Als n klomp snert dan? Weet ons publiek dan beter as die diegene wat hul by sport afrigting toepas vir jare en jare? Nee wat ek glo dit nie. ABs se sukses stam baie meer van as net balvaardigheid en foute uitbuit, alhoewel dit vir ons so maklik op die oppervlak lyk as onkundige publiek aanhangers. Ek se nie ons publiek is dom nie, net dat teenoor die profesionele afrigter of analiseerder, is ons baie onkundig. En om te verwag n sportman moet sodra hul Springbok word alles geleer het en totaal vaardig wees in hul bedryf? Nee wat. Hul is diegene wat vinniger, makliker en deur kombinasie van talent en hardewerk die spel en sy veranderinge tot die “next best thing” vaardig raak, en soedoende konstant moet slyp en sien waar hul moet verbeter of aanpas.

Ons het ons laaste twee goeie toetse teen die ABs gewen en gelykop gespeel met minder bal in hand. Hul het ons gewen in Pretoria en die naweek met minder bal. Daar is n patroon om te volg, maar die keer wou ons minder bal forseer deur ons skoppe en dit het nie gewerk nie. Sodoende die fyn beplanning moet aanpas, want hoe speel jy takties met minder bal sonder om dit te forseer? Beter skoppe dalk? Ja seker, maar dit baie kompliseerd.

Boxer ·

Die ligpunt in die donker tonnel oor die All Blacks is dat hulle ons twee keer moet klop om die beker te wen en ons hoef hulle net eenkeer te klop. Ha Ha.

Swartwolf ·

Boxer stem saam die trein wat aan die lig in die tonnel gekoppel is, is dat die AB’s dit al reeds een keer gedoen het.

Wonder ·

Ek dink die verskil tussen ons en die All Blacks is die vlak van inteligensie. Hulle speel rugby in ‘n eerste wereld land en ons leer rugby speel in ‘n derde wereldse land. Dit beteken baie mense in ‘n eerste wereldse land met grade, het nie werk nie, hul raad aan hul kinders sal bv verkil van Suid Afrika se ouers waar persentasie gewys meer mense met grade werk het. Gaan kyk maar hoe gaan dit met ons bulletjie rugby, en watter klas van mens julle langs die velde sien paradeer en skree op arme Jannie as hy kamstig droogmaak.

Werner ·

Nienaber praat snert. Dieselfde wedstrydplan kom nou al sedert Toetie se tyd. Terloops as die Bokke teen Ireland vasval in die kwarteind, sien ons die Kiwis nie weer nie. Ireland het vir Murray en Sexton. Nieu-Zeeland het vir Smith en Richie/Barrett. Die Bokke se skakelpaar speel onder opdragte wat uitgedien is.

Foutloos ·

Nee, die Bokke het nog nie geleer uit hul foute nie, Kolisi is nog in Japan.

Afrikaan ·

Hierdie is baie eenvoudig ‘n saak van talent, of dan ‘n gebrek daaraan. Geen van hierdie twak wat Nienaber hier kwytraak of enige ander verduidelikings/verskonings kan verklaar wat met ons rugby fout is nie. Dis eenvoudig ‘n gebrek aan talent by die spelers en veral die afrigters. Als gaan oor geld en politiek. Niks meer oor die beste spelers of trots vir die trui nie. Ek mis die dae dat ons rugby in SA gespeel het.

Robert Naude ·

Stem met jou saam . SA se probleem bly die politiek inmenging en kwota spelers. Nie voor dit uit ons rugby is nie , sal dit nie beter gaan nie. Net 1 sub standaard speler is nodig om die span nie mededingend te maak nie, en ons sit met meer as 1……

Poot ·

@Robert
Daars spelers wat nie-kwota is nie wat ook sub-standaard is.

Herman Goosen ·

Ja, hoe meer ons “leer” hoe swakker speel ons. As die regte spelers indie eerste pkak gekies word en rugby instede van politiek gespeel word hoef obs nie te “geleer” het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.