Bokke kan Wallis klop (sê die rekordboeke)

bokke-vs-wallisBlaai jy deur die rekordboeke, is daar slegs ʼn geringe kans dat Wallis Saterdag in Cardiff die Springbokke kan klop.

Kom ons vergeet tydelik van die Bokke se nederlae teen Japan, Italië, Argentinië, Ierland, Engeland, Australië en All Blacks.

Ons dink terug aan 1964/’65, aan 1969/’70 en 2002 toe die Bokke ook met die rug teen die muur was en die jaar of twee daarna opgestaan het.

Wallis en die Bokke het sedert 1906 reeds 31 keer mekaar gespeel. Wallis was nog net twee keer, in 1999 en in 2014, aan die wenkant, albei kere in Cardiff. Die Bokke het 28 toetse gewen en in 1912 het die toets gelykop geëindig. Hulle kon nog net 459 punte teen die Bokke aanteken en het 837 afgestaan.

Wallis is laer as die Bokke op die wêreldranglys. Hulle kon net vyf van 12 toetse vanjaar wen, en is drie keer deur die All Blacks geklop, twee keer deur Engeland, een keer deur die Wallabies en het gelykop teen Ierland gespeel. Boonop het hulle verlede naweek gesukkel om Japan met 33-30 te klop.

Een van die groot keerpunte in Wallis se rugbygeskiedenis was in 1998 toe die span deur Suid-Afrika getoer het.  Dit was ʼn afgewaterde span met verskeie van die topspelers vanweë beserings langs die kantlyn. Dit was ʼn nuwe afrigtingspan (wat nie lank gehou het nie) en die toerspan is deur die Opkomende Springbokke verslaan (35-13), asook deur Grens (24-8), die Sharks (30-23) en die Valke (39-37 … die wedstryd is in Witbank gespeel en daar was verskeie Pumas ook in die span).

En toe die toets op Kingspark, wat die Bokke met 96-13 gewen het. Die Bokke sou ʼn honderdtal aangeteken het, maar Naka Drotské het die bal aangeslaan.

Die gewese Australiese hulpafrigter Alec Evans het die span bygestaan en hy het, net soos Harry Viljoen dit in 2000 gedoen het, die spelers verbied om in die wedstryd teen die Valke te skop.

Wallis het verloor en is met rooi gesigte na die toets gelaat.

Maar die saadjie is geplant dat rugby oor drieë gaan, om besit te behou en te beskerm.  Kyk maar wat die volgende jaar, in 1999, teen die Bokke gebeur het.

Wallis is nou weer, net soos die Bokke, by ʼn kruispad. Die koppe van Wallis se afrigtingspan word geëis, en die span word daarvan beskuldig dat hy vervelige rugby speel en te veel drieë afstaan.

Dis hoekom die Bokke ʼn kans moet hê … maar dan glo sommige van ons ook aan die tandemuis en aan Vader Kersfees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nico ·

Die rekord boeke het ook gesê ons moet nie teen Italië, Argentinië en Ierland in SA verloor nie.

Waghond ·

Stem saam Nico. Selfs vir die wedstryd teen Engeland is daar gemeen dat die Bokke kan hul klop deur ‘n swaar pak met ‘n spul slotte daarby te kies. En toe word die Bokke oorrompel.

Arie ·

Op papier kan alles klop jy praat plein strooi om dit mooi te stel

Rugga007 ·

Nico, stem volkome saam, hoop hulle stel nog n rekord op, die span onder AC verdien geen wen of krediet.

Jan Brits ·

Wens denkery !!! Die arme bokke kan nie meer wen nie, al se die “kenners” ook wat.

BEN ·

Met respek. In die land van die blindes is die een-oog koning. Ek wonder wie gaan Saterdag die oog hê. Dit wil eerder voorkom asof die blindes teen die blindes speel. Lekker speel.

Verseker ·

My span vir die wedstryd teen Wallis
1 Beast
2 Marx
3 Koch
4 Steph du Toit
5 Mostert
6 Du Preez
7 Cassiem
8 Whiteley
9 De klerk
10 Le Roux ( Ja Willie )
11 Ulengo
12 Janse van Rensburg
13 Venter
14 Mapoe
15 Combrinck

Met die span in die huidige groep wat mens uit kan kies gepaard met goeie afrigting klop ek enige span op enige dag.

Waghond ·

My span is:
Stutte Kitshoff, Koch en/of Nykana
Haker Marx
Slotte Du Toit & Mostert
Losvoorspelers Cassiem, Oupa & Whiteley
Skakelpaar Van Zyl & Goosen
Vleuels Ulengo & Combrink
Senters Janse van Rensburg & Mapoe
Heelagter Le Roux

Waghond ·

Stem saam Nico. Selfs vir die wedstryd teen Engeland is daar gemeen dat die Bokke kan hul klop deur ‘n swaar pak met ‘n spul slotte daarby te kies. En toe word die Bokke oorrompel.

ongelukkig nie ·

Kyk die vaste 5 lyk goed, du preez is nie `n 6 nie, ongelukkig sit ons nie met `n 6 in die groep nie, casiiem is beter as carr oor cassiem meer vas speel en dus kan whitely meer hardloop spasie geniet eerder as om `n ruck te join, de klerk is okay daar maar wat van PIET ? hy verdien `n kans op die toer, nes Goosen `n ordentlike kans verdien om iets uit die blokke te begin. die senters is perfek, glo nogsteeds hul ons beste kombinasie op die oomblik, maar ons moet bietjie begin bou aan daai kombinasie, die agterste 3 is mapoe nie `n antwoord op nie , maar kan dalk net iets beteken daar met die senter kombinasie, maar combrink op 15 sal wonders wees want hy het net alles wat `n 15 kort en sal ook meer hardloop spasie geniet. ek dink ons beste 14 sal nog ontdek word, maar WARRIC GALANT in die nabye toekoms sal vir willie op 15 lig en dan sit ons met ulengo/combrink/galant as agterste 3, maar vir die toets kan die hele span werk behalwe willie op 10… speel vir van zyl/goosen saam en sit willie so bietjie op die bank

LOSKOP ·

Verseker, ek is so bly daar is nog iemand wat HAS BEEN HABANA, DE ELLENDE uit sy span laat. Ek dink dit is n klap in die gesig van gewese Springbokke om hierdie klomp spelers Springbokke te noem. Blesbokke is meer gepas.Goosen sal ook n beter keuse op loskakel wees saam met Van Zyl op skrumskakel en ja dan kan ons dalk enige span klop met ander afrigter natuurlik.

Waghond ·

Wallis het ‘n guldige geleentheid om die Springbokke te klop. My voorspelling is dat Wallis die toets gaan wen.

Springbok ·

Ons Bokke se skouers hang – die negatiewe en afbrekende kritiek maak dit nie beter nie. Ons kort iemand om die moraal weer op te bou. Hulle is bang om inisiatief te neem – alles word gekritiseer – hulle kort net weer selfvertroue. As ons wen teen Wallis sal dit bietjie van ons eer herstel. Hou duimvas

Gerhard ·

Die duime is lankal uit lit uit en mens kan net pyn vat tot op n punt. Kry n nuwe kaptein en afrigter wat die span kan motiveer. Daar is geen selfvertroue nie. Dis soos n kind wat die heeltyd gestraf word deur n swak ouer wat se, moenie maak soos ek maak nie. Maak soos ek se. Geen leiding nie

Anoniem ·

Gerhard ek stem saam met jou, maar wie sou jy voorstel as nuwe afrigter en kaptein? Dit is dalk net wat die Bokspan nodig het. Dit staan soos ‘n paal bo water dat Adriaan Strauss nie die Bokspan kan motiveer nie. Ek het in my lewe nog nooit so ‘n rigtinglose Bokspan gesien nie. Of hulle Wallis kan wen, ek dink nie so nie.

Pietser ·

Die probleem is dat Strauss baie gewoond is aan verloor, eers by die Cheetahs en toe by die Bulle. Hy weet nie eintlik van beter nie, dis normaal vir hom.

Nico K ·

Verseker, ek dink jy het ‘n goeie span daar. Ek sal net Johan Gossen op losskakel kies en le Roux op heelagter hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.