Bokke kies Cassiem op nommer agt teen Poemas

Uzair Cassiem. (Foto: Twitter)

Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, koester hoë verwagtinge van Uzair Cassiem, maar om hom in slegs sy tweede toets in die ongewone posisie van agtsteman in te span, is ʼn waagstuk, al is dit vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die Argentynse Poemas in Port Elizabeth.

Daar is andersins baie min verrassings in die span en die kern het in die reeks van drie toetse teen die Franse gespeel, en die reeks met 3-0 gewen.

Met die kaptein, Warren Whiteley, steeds beseer, is daar ‘n leemte op agtsteman.

Is Cassiem goed genoeg? Het hy genoeg ervaring? Is daar nie ander agtstemanne in die ses Superrugbyspanne (waarvan net vier oorbly) wat die rol kan vervul nie?

Die 27-jarige Cassiem het volgens Coetzee ses keer vir die Cheetahs agtsteman gespeel en behoort seepglad in te skakel.

Maar wat gebeur as hy nie die mas opkom nie? Word daar dán eers op die jong Daniël du Preez, of sy tweelingbroer, Jean-Luc, of Siya Kolisi teruggeval?

Daar is sewe Lions in die opdrafspan, vier agterspelers en drie voorspelers.

Dus sal die taktiek om hulle draai, dus sal hulle daar wees om die toutjies te kan trek.

Soos reeds aangekondig, neem Eben Etzebeth die kapteinskap by Whiteley oor, en is die jong Curwin Bosch die enigte nuweling; op die plaasvervangersbank. Sy veelsydighed (hy kan ewe glad op heelagter en losskakel inskakel) strek tot sy voordeel, maar onthou, hy is nog nooit op dié vlak blootgestel nie. Soos Naas Botha altyd sê, wanneer jy goed genoeg is, is jy oud genoeg.

Die span –

15. Andries Coetzee (Lions, 3 toetse, 14. Raymond Rhule (Cheetahs, 3), 13. Jesse Kriel (Bulls, 19), 12. Jan Serfontein (Bulls, 29), 11. Courtnall Skosan (Lions, 3), 10. Elton Jantjies (Lions, 14), 9. Ross Cronje (Lions, 2), 8. Uzair Cassiem (Cheetahs, 1), 7. Jaco Kriel (Lions, 8), 6. Siya Kolisi (Stormers, 19), 5. Franco Mostert (Lions, 9), 4. Eben Etzebeth (kaptein, Stormers, 57), 3. Coenie Oosthuizen Sharks, 26), 2. Malcolm Marx (Lions, 5), 1. Tendai Mtawarira (Sharks, 90). Bank: 16. Bongi Mbonambi (Stormers, 8), 17. Steven Kitshoff (Stormers, 13), 18. Trevor Nyakane (Bulls, 28), 19. Pieter-Steph du Toit (Stormers, 23), 20. Jean-Luc du Preez (Sharks, 4), 21. Francois Hougaard (Worcester Warriors, 42), 22. Curwin Bosch (Sharks, 0), 23. Damian de Allende (Stormers, 22).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Een ligpunt. Rudy Paige is nie in die span nie! Wonderlik! Nou nog net van die ander kwotas onslae raak!

Peet ·

Carr is ‘n grap. De Allende is ‘n grap. En Rhule is die grootste grap van almal.

krap ·

jy grap seker? het jy hom al sien speel? daai ou is n masjien! hy moes lankal in die span wees

Nico K ·

Ek het nie ‘n probleem met Cassiem nie. Hy is ‘n harde speler. En du Preez sal sekerlik van die bank opkom in die 2de helfte. Ek is nie gelukkig met die voorrye nie. Die Beast is lankal verby sy beste en hoewel Coenie goed doen in die algemene spel is ek nie seker van sy skrumwerk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.